Centurion het Saterdag die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Goue Bekerspan, Pretoria Polisie, op die Centurionveld in die kooi gesit.
Alles vir Woensdag 13 April 2016
GLRU-liga: Raiders lyk weer lus vir Goue Beker
Raiders se stewige vertoning Saterdag teen die Varsitybekerhouer se naasbestes toon hy kan weer `n sterk aanspraakmaker op deelname aan die reeks om die Goue Beker wees.
Valkeliga: groot kloof al hoe duideliker
Die kloof tussen die boonste en die onderste spanne in die opstelronde van die Valke se Pergrine liga raak al hoe opvallender al is die honderdtalle vir eers van die baan.
Valk oorleef rit ná motor hom tref
Dave Pepler, bekende natuurkenner en TV-aanbieder, het Dinsdag ʼn merkwaardige voorval op sy Facebook-blad gedeel van ʼn motoris wat ʼn edelvalk teen ʼn hoë spoed getref het, net om die voël drie dae later ongedeerd aan te tref.
Starbucks-koffie nou ook in SA
Die eerste amptelike Starbucks-restaurant maak vandeesmaand sy deure in Suid-Afrika oop.
Baba sterf ná pa haar glo neergooi
ʼn Drie maande oue babadogtertjie is dood nadat haar pa haar glo tydens ʼn woedebui hard op die grond neergegooi het.
Polisie fnuik beplande plaasaanval
ʼn Beplande plaasaanval naby Port Alfred in die Oos-Kaap is gefnuik nadat polisiebeamptes vooraf ʼn wenk daaroor ontvang het.
Gedig: Dialoog
“ek wil boer met woorde, my kultivars self teel, hektaar vir hektaar met elke leser deel…” Geniet Hendrik Januarie se gedig, “Dialoog”
Duitse komediant aangekla oor gedig
Die Turkse regering het ʼn klag teen die komediant Jan Böhmermann ingedien.
SWD-liga: Progress, NMMU veg pad boontoe
Verlede jaar se halfeinders Progress en NMMU is na `n paar haakplekke besig om weer hul pad boontoe te veg op die punteleer van die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Premierliga.
Bejaarde buite Rustenburg-huis oorval
Die Rustenburg-polisie doen ʼn beroep op die publiek om met inligting na vore te kom nadat ʼn 70-jarige vrou glo Maandag buite ʼn huis in dié Noordwes-dorp deur vier gewapende mans oorval is.
Van 2025 slegs elektriese karre vir Nederlanders
Nederland se parlement se Tweede Kamer het besluit dat slegs elektriese motors vanaf 2025 in dié land as nuwe voertuie verkoop mag word, maar die besluit se uitvoerbaarheid is wyd deur kritici bevraagteken.
Plaasbaba maak onverwagse verskyning
Craig van Rensburg en Sekese Ramachela, paramedici van ER24, moes “vroedman” speel toe ʼn vrou onverwags op ʼn Noord-Kaapse plaas in kraam gegaan het.
Braamfontein-leeu toe ʼn rolprentster
Die Braamfontein-leeu wat sosiale media sedert Maandagaand aan die gons het, is toe die hele tyd ʼn rolprentster.
Luister: Hanna Boss sing vir die seer harte
Elke voël sing soos hy gebek is, sê die sanger Hanna Boss, maar háár musiek vertel van régte liefde, weerloosheid en seerkry. Dié sanger het onlangs haar eerste enkelsnit “Daar” uitgereik en beplan om nog groot golwe in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf te maak.
Nuuskommentaar: Groot oë op klein Allister Coetzee
Die hoop op Allister Coetzee, die nuwe Bokafrigter, is groot, op sowel as van die veld. Uiteindelik sal sy toets wees of hy die land kan neem na ’n punt waar meriete, en nie velkleur nie, die norm is sodat sport sport kan bly. Die grootste taak vir transformasie bly by die regering wat geriewe op grondvlak moet skep, en rugby-administrateurs wat rugby-ontwikkeling as meer sien as om kleiner spanne se gekleurde sterre op te koop.
Japannese tuig sal binnekort Venus-geheime ontrafel
Die Japannese Akatsuki-tuig sal teen die middel van April gereed wees om met sy ondersoeke na Venus te begin.
[Resep] Geroosterde sampioene met kruiebotter
Jy kan ook knopiesampioene aan sosatiestokkies ryg, dit met die bottermengsel verf en rooster op ʼn warm braai.
Wie gaan Allister se Bokke lei?
Een van die nuwe Springbokafrigter, Allister Coetzee, se groot kopsorge sal die Bok-kapteinskap wees.
Uitspraak dán gelewer oor appèl teen Walus-parool
Die Noord-Gautengse hooggeregshof het Dinsdag die minister van justisie en korrektiewe dienste se aansoek om verlof tot appèl teen Janusz Walus se vrylating aangehoor. Walus is die moordenaar van die SAKP-leier Chris Hani.