Drie mense is dood en ses beseer toe ʼn bakkie Dinsdagmiddag naby Kimberley in die Noord-Kaap trompop met ʼn vragmotor gebots het.
Alles vir Woensdag 13 April 2016
Vuiste klap na ligte botsing
ʼn Man is ernstig beseer nadat ʼn ligte botsing in Richardsbaai Woensdagoggend in ʼn vuisgeveg ontaard het.
Departement steun OVK oor adresse op kiesersrol
Die direkteur-generaal van samewerkende regering en tradisionele sake het Dinsdag aan LP’s gesê die regering het ʼn sterk argument voor die konstitusionele hof geplaas waarom Suid-Afrikaners, wat nie hul adresse by die OVK geregistreer het nie, moet kan stem.
Bolandliga: hittegolf keer nie dat vonke spat
Die vonke spat gewoonlik as Moorreesburg en sy buurdorp Piketberg mekaar in die Bolandse Grootuitdaagliga pak en Saterdag se hittegolf het g`n demper op die kragmeting geplaas nie.
Die genade van drome wat nie waar word nie
Kan jy dink hoe die wêreld sou lyk as ons almal se drome altyd sou waar word?
Comair-werkers begin staak
Die vakbond UASA het Dinsdag bevestig dat sy lede van Woensdag by die lugvaartmaatskappy Comair gaan staak nadat salarisonderhandelinge vasgeval het.
Staking bring Brussel-lughawe tot ʼn stilstand
Brussel-lughawe het alle vlugte opgeskort weens ʼn staking deur lugverkeerbeheerders ná selfmoordbomaanvalle verlede maand.
KZN-liga: topspanne bevestig hul baasskap
Die twee topspanne in die KwaZulu-Natalse Rugbyunie (KZNRU) se Premierliga het Saterdag weer hul onteenseglike baasskap in die reeks bevestig.
Gedagte vir die dag: Jesus se vrede
Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie. (Johannes 14:27)
KZN-liga: groter fiksheid laat Mtubatuba wen
Groter fiksheid het Mtubatuba Vrydag in staat gestel om Empangeni in die eerste ronde van die Zoeloelandse Subunie se reeks om die Stewartskild te klop.