`n Merkwaardige 36 punte Saterdag deur die Griffons se losskakel het die span op Welkom gehelp die Curriebeker se Eerste Ligakampioen, die Luiperds, behoorlik te slag.
Lees meerAlles vir Saterdag 16 April 2016
Nog ʼn ‘leeu’ in Braamfontein gesien
Sosiale media was vandeesweek behoorlik aan die gons nadat ʼn leeu in die strate van Braamfontein gewaar is. Dié keer gons dit egter oor ʼn ander soort leeu.
Boer op plaas geskiet; vrou skrik verdagte af
ʼn Boer is Saterdagmiddag op sy plaas buite Bela-Bela (Warmbad) in Limpopo geskiet.
Maimane: ‘Die ANC bestaan nie meer nie’
Vir alle praktiese doeleindes bestaan die ANC nie meer nie, het Mmusi Maimane, leier van die DA, Saterdag by die Wesleyan-kerk in Waaihoek, Bloemfontein, “waar die ANC van ouds gebore is”, gesê.
Uitstappie saam vriende eindig tragies
ʼn Man, blykbaar in sy 20’s, het Saterdag in die Vaalrivier op Barkley-Wes in die Noord-Kaap verdrink.
Zuma: ‘Korrupte amptenare sal vasgevat word’
ANC-president Jacob Zuma het Saterdag by die Nelson Mandelabaai-stadion in Port Elizabeth, tydens die regerende party se bekendstelling van sy verkiesingsmanifes, beloof korrupte regeringsamptenare sal vasgevat word.
Arbeidsdepartement waarsku oor bedrieër
Die departement van arbeid in KwaZulu-Natal het die publiek gewaarsku om op die uitkyk te wees vir ʼn bedrieër wat hom as ʼn inspekteur van die departement voordoen.
DA hof toe oor advertensiebord
Die DA gaan aansoek doen om ʼn dringende interdik nadat ʼn advertensiebord, wat die party in Port Elizabeth opgerig het, verwyder is.
Ma, 3-jarige sterf in botsing
ʼn Vrou en haar driejarige seuntjie is vroeg Saterdagoggend in ʼn botsing op die R44, naby Wellington in die Wes-Kaap, dood.
Plofgeluide lei tot drie se arrestasie
Die klank van ontploffings wat op plase in die Stilfontein-gebied in Noordwes gehoor is, het tot die inhegtenisneming van drie mans gelei.
ANC-verkiesingsmanifes bekend gestel
Derduisende mense word Saterdag by die Nelson Mandelabaai-stadion in Port Elizabeth in die Oos-Kaap verwag, waar die ANC se verkiesingsmanifes bekend gestel word.
Talle sterf in tweede aardbewing in Japan
Die tweede aardbewing het tussen 7 en 7,3 op die momentmagnitudeskaal geregistreer.
Hof sê of EFF aktivis se naam mag gebruik
Die hooggeregshof in Pretoria het ʼn aansoek van die hand gewys om die EFF te keer om die naam van ʼn vryheidsvegter te gebruik.
Nege beseer in kapingsdrama
Nege mense is Vrydagmiddag in Johannesburg beseer toe ʼn kapingspoging glo skeefgeloop het.
Gedagte vir die dag: ’n Herder wat jou siel verkwik
Die HERE is my herder. Hy verkwik my siel. (Psalm 23:1, 3, Bybel in Afrikaans 1933/1953)