“God het my hero kom haal. Pa, ek is wat ek is as gevolg van jou. Dankie dat ek weet wat liefde is en wat dit is om om te gee,” het hy op Facebook geskryf.
Alles vir Dinsdag 19 April 2016
Marsaartappels deur Nasa getoets
As mense eendag ’n beduidende ruk op Mars wil woon, sal hulle daar kos moet kan produseer. Die kossoort wat nou deur Nasa getoets word om eendag op Mars aangeplant te word, is die aartappel.
Kunstefees om Abraham Kriel-kinderhuis se deure oop te hou
Verskeie bekendes sal op 28 Mei by ʼn kunstefees in Modimolle (Nylstroom) in Limpopo te sien wees ten bate van die Abraham Kriel Kinderhuis.
Wees deel van die aksie met YouTube se 360 grade-video’s
Al ooit gewens jy was deel van die aksie wanneer jy na een van jou vriende se video’s kyk of ooit gewens jy kon die volle ervaring met jou vriende deel? YouTube se 360-grade regstreekse video’s is jou antwoord.
Vermy dié 10 goed op jou CV
Volgens die Britse dagblad The Independent kry werkgewers vir ʼn enkele pos minstens 100 CV’s. Werkgewers soek dikwels ʼn spesifieke kandidaat vir die werk wat geadverteer word, en verwag dat daardie kwaliteite onmiddellik in jou CV weerspieël word.
Sakpas-breinkos vir kinders
Met baie gesinne wie se beursies platter is as gevolg van stygende kospryse, voel dit dalk of dit onmoontlik is om gesonde en voedingryke etes voor te berei, maar dit is nie!
Pa vas ná kinders se grusame moord
ʼn Pa van Middelburg in Mpumalanga sal Dinsdag in die plaaslike landdroshof verskyn nadat hy Saterdag glo sy twee kinders grusaam vermoor en saam met die liggame in sy huis gebly het.
Roodepoort-kaping: Verdagtes toe nié in hof
Die drie verdagtes wat op die toneel van ʼn mislukte kapingspoging in Roodepoort in hegtenis geneem is, het nie Maandag soos verwag in die hof verskyn nie.
40 sterf in Kaboel-bomaanval
Sowat 40 mense is dood en meer as 200 beseer in ʼn bomaanval Dinsdag in Kaboel, die hoofstad van Afganistan.
Volg Suid-Afrika in Zimbabwe se ekonomiese voetspore?
Vlakke van pessimisme oor Suid-Afrika se ekonomiese en politieke toekoms het die hoogte ingeskiet sedert die Nene-debakel, Nkandla en “Zuptagate”. Vergelykings en ooreenkomste van Suid-Afrika met betrekking tot. ekonomiese en finansiële verskynsels in Afrikalande wat ekonomies misluk het, geniet daagliks aandag in die media.
Uitdrukking: iets holrug ry
Al ooit gewonder waar die uitdrukking “holrug gery” vandaan kom? Taaltoffie stel ondersoek in.
Doen joga in ʼn park en help boonop diere
Dié jogasessies word aangebied deur GreenSpaYoga se nie-winsgewende welsynsorganisasie Just Cause Yoga, en is van stapel gestuur om donasies in te samel ten bate van onder meer die Dierebeskermingsvereniging (DBV).
Nuuskommentaar: Wat as daar nié aardbewings was?
Twee wêrelddele is pas deur sterk aardbewings getref, en dadelik was daar die gebruiklike lesersreaksies dat dit tekens van die eindtye is. Dit is egter nodig dat aardbewings teen die groter prentjie beoordeel moet word.
‘Raymond’ se ma oorlede
Roberts se karakter was veral geliefd omdat sy mense laat skater het met haar karakter, Marie Barone – ʼn ma wat haar kinders nie veel ruimte gelaat het nie.
Polisie se opleidingsprogram aansienlik verkort
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het aangekondig dat hy sy huidige 24-maande lange opleidingsprogram vir rekrute met meer as helfte verkort het.
Kaapse tiener is wêreld se wiskunde-boffin
Dario Trinchero, ʼn 17-jarige leerder van die Somerset College in die Wes-Kaap, is onlangs aangewys as die beste wiskunde-presteerder ter wêreld.
Bokke kon netsowel eerbewys ontvang het
Die grote wat weggekom het.
Aanlynregistrasieproses dop tweede toets
Ouers wat verplig word om hul kinders aanlyn te registreer vir toelating in 2017 tot Gautengse skole, moes Dinsdagoggend weer eens voor dooiemansdeur te staan kom weens ʼn “tegniese fout”.
Metrobeampte twee keer in kop geskiet
ʼn 36-jarige beampte van die Johannesburgse metropolisie (JMPD) is in ʼn kritieke toestand in die Millpark-hospitaal nadat hy Maandag tydens ʼn wilde jaagtog twee keer in die kop geskiet is.
Twee vas vir miljoene se onwettige perlemoen
Wes-Kaapse polisiebeamptes het Maandag tydens ʼn klopjag op ʼn kleinhoewe in Langebaan twee verdagtes in hegtenis geneem en op perlemoen ter waarde van miljoene rande beslag gelê.