Drie lede van die Bright-gesin word steeds in afsonderlike hospitale in Johannesburg behandel ná die kapingspoging waartydens hulle ernstige beserings opgedoen het.
Alles vir Dinsdag 19 April 2016
Jakaranda-koor het haar lewe verander
“Aan die einde van graad drie was haar selfbeeld so swak, maar vandat sy lid van die koor geword het, het sy net begin blom. Skielik het sy agterkom sy is iets werd en sy kan tog iets goed doen.”
Luister: Ondersteun welsynorganisasies met jou tekkies
Dit is amper weer tyd vir almal om hulle tekkies af te stof en ʼn paar prettige Tekkie Tax skoenveters aan te skaf ten bate van ʼn duisend welsynorganisasies regoor Suid-Afrika.
Hoe om dit te maak in die musiekbedryf
Talle opkomende en beginner-musikante en sangers vra hulself daagliks hierdie vraag af. Die heel belangrikste faktore in dié harde bedryf om te oorweeg as jy dit voltyds wil doen, is om net jouself te wees, uit die boks te dink en so oorspronklik moontlik te wees.
ANC nie gepla oor Nene se nuwe pos
Die ANC was Maandag nie gepla oor die nuus dat Nhlanhla Nene, die voormalige minister van finansies, by die beleggingbesturingmaatskappy Allan Gray aangesluit het nie en het gesê daar is “verskeie redes” waarom staatsamptenare by die private sektor aansluit.
Wonderwerk-baba sterf: ‘Sy het duisende op hul knieë gebring’
“Sy was werklik ʼn wonderwerk, ʼn ware getuienis. Sy was ʼn rede vir gebed, ʼn rede vir hoop en ʼn groot inspirasie.”
Vrystaat-busongeluk: Oorledenes se name bekend
Die ANC in Gauteng het Maandag die name bekendgemaak van sy lede wat die afgelope naweek in ʼn busongeluk in die Vrystaat dood is toe hulle teruggereis het van Port Elizabeth waar die party se plaaslike verkiesing manifes-bekendstelling gehou is.
Gedagte vir die dag: ’n Herder wat jou dra
Soos ’n herder versorg die Here God sy kudde: die lammers maak Hy bymekaar in sy arms en Hy dra hulle teen sy bors, Hy sorg vir die lammerooie. (Jesaja 40:11)