ʼn Wes-Kaapse polisiekonstabel, wat by die Kaapstad Internasionale Lughawe gestasioneer is en nog twee verdagtes, is vir die besit van gesteelde goedere in hegtenis geneem.
Alles vir Woensdag 20 April 2016
Vrou kritiek ná sy ver val
ʼn 45-jarige vrou van Johannesburg is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem nadat sy van die tweede verdieping van ʼn huis geval het.
Boekbekendstelling: Mamma het ʼn breek nodig
In “Mamma het ʼn breek nodig” maak Susan Coetzer vensters oop op ʼn ma se wêreld. Sy praat op pittige wyse oor tye soos wanneer haar enigste kuiken saam met sy pêlle oorsee gaan vakansie hou en die lewenslesse wat sy by ʼn vyfjarige dogtertjie kon leer.
Boekbekendstelling: Die Trouboek
Hierdie boek bevat alles wat julle nodig het om die perfekte troudag én huwelik te verseker. Skep moed, julle is nie alleen nie!
Luister: Op die spoor van die Bloedsusters met ʼn nuwe boek
Dis nou 15 jaar nadat Eileen de Jager en Roelien Schutte, die vroue wat bekend staan as die Bloedsusters, hul onderneming begin het wat reeds meer as 7 000 misdaadtonele opgeruim het.
Hoe om ʼn liedjie te skryf
Musiek was van die begin af nog altyd deel van ons gemeenskappe, maar mooi musiek kan slegs oorgedra word deur die regte woorde en melodie. Die proses van musiek en liedjies skryf het oor die jare baie verander.
Die arme Springbok moet (weer) koes
Springbokrugby kan maar eenvoudig nie uit die nuus bly nie, en ek praat hier nie van op die veld nie, maar van die veld af.
VF Plus kap ANC oor Gupta-familie
Die Vryheidsfront Plus het gesê die ANC plunder land se minerale rykdom onder die dekmantel van transformasie.
Kenya Airways-roete na Kaapstad aangekondig
Alan Winde, die Wes-Kaapse LUR vir ekonomiese geleenthede het Dinsdag Kenya Airways se aankondiging verwelkom oor ʼn nuwe roete wat Kaapstad insluit.
Sakeman Bertie Lubner oorlede
Rob Davies, die minister van handel en nywerheid, het Dinsdag hulde gebring aan die Suid-Afrikaanse entrepreneur en sakeman Bertie Lubner.
Gedagte vir die dag: U stok en u staf vertroos my
Al gaan ek ook in ’n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my. (Psalm 23:4, Bybel in Afrikaans 1933/1953)