Die vurige Cheetahs-flank Willie Britz is op pad terug nadat sy beseerde duimsening herstel het.
Alles vir Donderdag 21 April 2016
Hoe maak mens: Hoe die huwelik kan oorleef in ’n gebroke wêreld
In hierdie uitsending van “Hoe maak mens?” gesels Mia Slabbert met Ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare oor die gebroke wêreld en hoe ’n huwelik en ’n verhouding kan oorleef in sulke omstandighede.
Jennifer Aniston (weer) die wêreld se mooiste
Die aktrise Jennifer Aniston is Donderdag vir ʼn tweede keer aangewys as People-tydskrif se mooiste vrou in die wêreld. Dit volg nadat sy in 2004 ook dié eer ontvang het.
Nuwe reeks vir tienerharte
Cecilia Steyn, ʼn skrywer van tienerfiksie, se boeke verkoop soos soetkoek, en sy meen dis omdat tieners hul eie lewe in die boeke kan sien.
Bittersoet beproewing
Word sukses gemeet aan die model kar waarmee jy ry of bloot net dat jy ’n kar het? As hy afbetaal is, nog beter. Of is sukses gelyk aan ’n graad met ’n bestuurspos by ’n bekende maatskappy?
Kapers ry met seun (3) weg
Die polisie in Pretoria is op soek na ʼn driejarige seuntjie nadat kapers na bewering sy ma uit die motor gestamp en met hom weggejaag het.
[Foto’s] ‘Slaaikoeke’ ʼn treffer in Japan
Jou stryd met die skaal kan dalk iets van die verlede wees! Mitsuki Moriyasu, ʼn Japannese kos-kunstenaar van Nagoya in Japan, het onlangs ʼn prettige manier geskep om groente en vrugte te eet met slaaie wat soos koek lyk.
Taalgebruik: byster
Gebruikers van Afrikaans struikel soms oor die gebruik van die uitdrukking “die spoor byster raak”. Taaltoffie stel ondersoek in.
Skoolgeveg eindig tragies
ʼn 17-jarige leerder verskyn Donderdag in die hof nadat hy na bewering Woensdag twee leerders tydens ʼn geveg by ʼn hoërskool met ʼn mes aangeval het.
Sama-nominasies: Karen Zoid en Francois van Coke gee die pas aan
Die nominasies vir vanjaar se Sama-toekennings (South African Music Awards) is vandag bekendgemaak.
Kommissie se verslag oor ‘wapenskandaal’ bekendgemaak
Die Seriti-kommissie se verslag na die sogenaamde multimiljoenrand-wapenskandaal is Donderdag deur pres. Jacob Zuma bekend gemaak.
BBRU-liga: Tukkies o.21 wen net-net teen Naka
Die Tukkies se o.21-span het Donderdag sy wedstryd teen die Naka Bulle naelskraap deurgetrek en met `n enkele punt gewen.
Pa kry lewenslank ná hy dogters verkrag
ʼn 56-jarige man van KwaZulu-Natal is vandeesweek tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van sy twee dogters.
Man vas ná vlaag geweld in Nyanga
Die Wes-Kaapse polisie het Woensdag ʼn 25-jarige man in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord ná ʼn vlaag van geweld in Nyanga Dinsdagaand.
Man kritiek ná bakkie trop skape tref
ʼn Man is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem nadat sy bakkie Donderdagoggend in ʼn trop skape naby Bronkhorstspruit, oos van Pretoria, ingeploeg het.
Seun (10) sterf toe petrol ontplof: ‘Hy is in die Paradys’
“Ek weet my kind is in die Paradys. Sy saak met die Here was reg. Hy sit by Jesus se voete en het geen pyn meer nie.”
Nuuskommentaar: Mag die Springbok vlieg of nie?
Die ANC het hom gou gedistansieer van een van sy LP’s se aandrang in ’n parlementêre portefeuljekomitee dat die Springbok-embleem moet waai, maar dit is onrusbarend dat sulke sentimente steeds opduik, terwyl transformasiedoelwitte in ’n rasgedrewe kwotastelsel ontwikkel. Intussen is bevind Suid-Afrika is die derde gevaarlikste land ter wêreld, en nog plaasmoorde het die land geskud. Moet daar nie oor die voorkeurlys herbesin word nie?
Ek is nie ʼn versiering nie, meneer
Dit raak wel ʼn probleem wanneer ʼn lewelose versiering met ʼn lewendige mens verwar word. Normaalweg is daardie mens ʼn vrou en blykbaar word selfs in 2016 nog van vroue as versiering gebruik gemaak.
Roodepoort-kaping: Seun se toestand verbeter
Marilize Bright (34) en haar seun, Damian (7), sterk steeds in onderskeie hospitale in Johannesburg aan ná die mislukte kaping waarin hulle ernstig beseer is.
Boek: Stories van die see
“Stories van die see” is ’n versameling seestories van regoor die wêreld.