Soos sake normaalweg in die ligas van die Suidwestelike Distrikte staan, is dit `n nagmerrie vir die beroepswedders – Saterdag is dit des te meer die geval.
Lees meerAlles vir Vrydag 22 April 2016
Pumas laat struikel Kavaliers se perd
Die Boland Kavaliers is voor Saterdag se wedstryde steeds die voorloper in die opstellende ronde van die Curriebeker ongeag sy nederlaag Vrydag in Nelspruit teen die Pumas.
Raaisel oor Texas-tier opgelos
Polisiebeamptes in Conroe in die Amerikaanse deelstaat Texas het Donderdag ʼn vreemde versoek ontvang toe verskeie inwoners aangemeld het dat ʼn tier los in die strate rondloop.
‘Seksrabbi’ se aanhoudingsvoorwaardes bespreek
“Hy sal doodgaan. Hy is 79 jaar oud en hy kan nie toegewings maak oor sy geloof nie. Die staat kan nie keuses maak oor iets wat nie hul plek is nie.”
Meer as 4 miljoen SA’ners het reeds ID-slimkaarte
Tot op hede het meer as 4 miljoen Suid-Afrikaners al ID-slimkaarte ontvang, het Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, Vrydag gesê.
Zuma stuur briewe aan ministers oor Nkandla
Die presidensie het Vrydag gesê dat briewe van teregwysing oor die opgraderings aan Nkandla, pres. Jacob Zuma se private woning, aan twee kabinetsministers en een voormalige minister gestuur is wat by die projek betrokke was.
ToekomsVenster: Ons word geroep om in die wingerd te bly
Tydens nagmaalsgeleenthede drink ons die vrug van die wingerd as simbool van die bloed van ons Here wat gestort is sodat ons kan lewe.
Berugte bendeleier op parool vasgetrek
Rashied Staggie (57), die voormalige leier van die Hard Livings-bende in Kaapstad, is glo Donderdag weer in hegtenis geneem.
Mangat-moord: Vier in hof vir borgtog
Die vier verdagtes wat in verband met die moord op Danie Dreyer (64), voormalige polisiebrigadier en sakeman van Pretoria, in hegtenis geneem is, het Vrydag gesamentlik in die stad se landdroshof verskyn om vir borgtog aansoek te doen.
Parys-boere: Negende verdagte aangekla
Die negende verdagte en ʼn tweede familielid van een van die beskuldigdes in die saak teen die boere van Parys wat aangekla word van die moord op twee vermeende plaasaanvallers, het Vrydag in die plaaslike landdroshof verskyn.
Jy kan my omblaas
Daar is baie min van die ouer geslag wat nie vir Tiekie die Nar geken het nie.
Nege botsings in 10 km weens swaar mis
Altesaam 70 voertuie was Vrydagoggend op ʼn 10 km-stuk van die N12 tussen Ogies en Witbank in Mpumalanga in botsings betrokke weens erge mis in die gebied.
[Foto’s] Amerikaanse veghond het uiteindelik sy eie kat
Dis nou ʼn gelukkige einde aan “elke hond kry sy dag…”.
Kunstenaar van die week: MD Greyling
MD Greyling is geen onbekende in die musiekbedryf nie. Op ’n vroeë ouderdom het MD al die liefde vir klavier en kitaar ontwikkel; dit was egter sy skryfwerk en stem wat hom na hoë vlaktes gelei het.
Steve se Kaboemfees
Na ’n herrie losgebars het ’n paar jaar gelede oor Steve wat by Innibos-fees sy vertoning geëindig het met “Die Stem”, het hy besluit om op eie stoom sy eie fees te aan te bied. Dit kom na die reaksie dat verskeie borge by feeste sou onttrek indien Steve daar sou optree.
Herrie oor ryke Bentley wil begrawe
Die storie van een van Brasilië se rykste sakemanne, Thane Chiquinho Scarpa, wat in 2013 aangekondig het dat hy sy Bentley ter waarde van sowat R6,4 miljoen sou begrawe in die tuin by sy herehuis om “soos die Farao’s van Egipte” te wees, doen weer die rondte op sosiale media.
UP-navorsers wil agter kap van graderingsagente se byl kom
Navorsers aan die Universiteit van Pretoria het gewaarsku die risiko van Suid-Afrika se afgradering tot rommelstatus kan ʼn “selfvervullende profesie” word wat die land se ekonomie bedreig en moontlik die ekonomiese afswaai tot gevolg het wat dit voorspel.
Internasionale steun vir veldtog teen nuwe taalbeleid
Die Nobelpryswenner, JM Coetzee en die bekende Britse oud-diplomaat, lord Robin Renwick, het onlangs hul steun verleen aan die Gelyke Kanse-veldtog om Afrikaans se gelyke status met Engels as onderrigtaal aan die Universiteit Stellenbosch te behou.
Redakteursbrief: ‘n Afrikaanse Wikipedia, te danke aan die oom op Koekenaap
Sommige van ons betoog by universiteite om Afrikaans as onderrigtaal te behou. Sommige teken petisies vir die behoud van Afrikaans in staatsdepartemente. Skrywers skryf briewe aan universiteitsowerhede, akademici lewer toesprake. Ons almal stry die stryd om Afrikaans op ons eie manier, skryf Susan Lombaard.
Veteraan DA-LP oorlede
Dene Smuts, voormalige DA-LP, is in die ouderdom van 67 dood.