Duisende stappers het Sondag aan ʼn staptog in Johannesburg deelgeneem om die 20ste bestaansjaar van die Grondwet te vier.
Lees meerAlles vir Sondag 24 April 2016
Zuma: ‘SA is verbind tot wen-wen vennootskap met Iran’
Pres. Jacob Zuma het Sondag tydens sy besoek aan Iran gesê Suid-Afrika is verbind tot ʼn billike ekonomiese vennootskap met Iran op ʼn wen-wen grondslag.
26 dood van ‘giftige lekkergoed’
Altesaam 26 mense is sedert Donderdag dood nadat hulle lekkergoed, wat vermoedelik vergiftig was, by ʼn hospitaal in Layyah, in die ooste van Pakistan, geëet het.
‘Reeksmisdadiger’ vas vir moord, verkragting
ʼn Vermeende reeksmisdadiger, wat na bewering eers ʼn man vermoor en toe sy liggaam aan die brand gesteek het, voordat hy na bewering ʼn vrou ontvoer en verkrag het, is ná ʼn intensiewe soektog deur die polisie vasgetrek.
Herrie oor R2 miljoen parlementêre reis
Gengezi Mgidlana, sekretaris van die parlement, moet verduidelik hoe R2 miljoen van belastingbetalers se geld tydens ʼn luukse reis van twee weke na Europa bestee is, het die DA Sondag gesê.
‘Nkandla-tugbriewe is ʼn grap’
Die DA het Sondag die tugbriewe, wat pres. Jacob Zuma aan die ministers gestuur het wat by die Nkandla-opgraderingsprojek betrokke was, as “ʼn grap” bestempel.
Nuwe kanale vir SAUK beplan
Die SAUK het Saterdag die bekendstelling van nuwe televisiekanale gegrond op landstale om al die taalgroepe in die land te bedien, aangekondig.
Agt lede van VSA-familie doodgeskiet
Agt lede van ʼn Amerikaanse familie, wat ʼn ma insluit wat langs haar baba, wat vier dae oud was, geslaap het, is Vrydag in vier huise op die plattelandse dorpie, Piketon, in Ohio doodgeskiet.
Jong Lichtenburg-rugbyspeler sterf
“Sy laaste drie weke op aarde het die wêreld verander. Sy laaste drie weke op aarde was ʼn getuienis vir die Here. En daarin vind ek my berusting.”
Boek: Asterix die legioensoldaat (10)
Daar is groot fout met Obelix! Hy eet net twee wildevarke op ’n keer en dwaal rusteloos rond. Die druïde sien ’n nuweling in die Galliese dorpie en sit dadelik twee en twee bymekaar.
Tier val seun (10) aan op Vrystaat-plaas
ʼn Tienjarige Franse seun sterk in ʼn hospitaal in Johannesburg aan nadat hy Vrydag deur ʼn tier by ʼn wildsplaas, naby Heilbron in die Vrystaat, aangeval is.
Roodepoort-kaping: Seun ‘beter, maar emosioneel’
Marilize Bright (34) en haar seun, Damian (7), is albei steeds in die waakeenheid van verskillende hospitale in Johannesburg, waar hulle herstel ná die mislukte kaping waarin hulle ernstig beseer is.
Tiener ernstig beseer by veldren
ʼn Tienerseun (17) moes Saterdag per helikopter na ʼn hospitaal geneem word, nadat hy ernstig beseer is toe hy aan ʼn motorfietsveldren in Fochville deelgeneem het.
Vrou val twee verdiepings ver
ʼn Vrou is ernstig beseer nadat sy Saterdagmiddag twee verdiepings ver uit ʼn gebou in Margate, KwaZulu-Natal, geval het.
Gedagte vir die dag: Petrus se herdersopdrag
Toe hulle klaar geëet het, vra Jesus vir Simon Petrus: “Simon seun van Johannes, het jy My baie lief, meer as hulle hier?” “Ja, Here,” antwoord hy Hom, “U weet dat ek U liefhet.” Hy sê toe vir hom: “Laat my lammers wei.” (Johannes 21:15)