Alles vir Donderdag 28 April 2016

‘Ons vir jou, Suid-Afrika’

Die opstel is deur die 18-jarige Roelien Faber van Midstream College vir ʼn skoolopdrag geskryf. Die tema “Die nag het oë” het Faber laat besluit om oor plaasmoorde te skryf. “Snags, wanneer die boer se deur toegaan en die naggeluide se orkes begin speel, dans die dood vrolik saam op die bittersoet simfonie van tragedie.”