Regter Gayaat Salie-Hlophe sal na verwagting Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof die twee mans vonnis wat skuldig bevind is aan die moord op die polisiebeampte, ao. Steven Britz, in 2014.
Alles vir Donderdag 28 April 2016
Man sterf toe trok rol
ʼn Man is dood en nog een beseer nadat ʼn vragmotor en motor Woensdagmiddag tussen Khutsong en Welverdiend naby Carletonville gebots het.
Tokai-moord: Verdagtes vra borgtog
Drie mans wat teregstaan vir die verkragting en moord op die 16-jarige Franziska Blöchliger sal na verwagting Donderdag in die Wynberg-landdroshof vir borgtog aansoek doen.
KZN-liga: 40-7 nie goed genoeg vir breier
`n Sege van 40-7 teen `n span wat hom in `n vorige kragmeting geklop het, is nie goed genoeg om die breier van die KwaZulu-Natalse kampioen tevrede te stel nie.
Gedagte vir die dag: Die goedheid en liefde van jou Herder
Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly. (Psalm 23:1, 6)
Valkeliga: sleutelseges vir kampioen, uitdager
Die Valkekampioen en sy vernaamste uitdager het Saterdag sleutelseges in die opstellende ronde van die bond se Peregrineliga behaal.