Die VF Plus het in reaksie op Zuma se toespraak Vrydagaand, oor die Nkandla-uitspraak, gesê dit is duidelik die president het geen werklike begrip van die erns of implikasies van die uitspraak nie.
Alles vir die maand April 2016
Gedagte vir die dag: Die een wat Jesus liefhet
Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly. Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet. Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê. (Johannes 15:9, 12-13)
Griekwasliga: nuwe stelsel tree in werking
Vyf wedstryde in Griekwas se Superliga word Saterdag afgehandel wanneer die nuwe afdelingstelsel in werking tree.
SWD-liga: bloedsweet wag op voorste spanne
Dis bloedsweet Saterdag vir die voorste spanne in die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Premierliga.
Bolandliga: spanne voel-voel mekaar nog
In die Bolandse reeks om die Grootuitdaagbeker voel-voel die spanne mekaar nog soos boksers voor hulle met mening lostrek, maar `n paar wedstryde beloof reeds taai stryde.
Griffons: eerste ronde moet al vrae beantwoord
Saterdag se wedstryd tussen Klerksdorp en Welkom in die nuwe Griffons-Luiperdsliga behoort al `n beduidenis van `n antwoord op twee belangrike vrae te gee.
OP-liga: PE Polisie het dalk strafste taak
Dit lyk of Port Elizabeth Polisie die strafste taak van die vyf topklubs sal hê wanneer die Oostelike Provinsie-rugbyunie (OPRU) se reeks om die Grootuitdaagbeker Saterdag begin.
Nog ʼn sokkerspeler in hof oor spoed
Nóg ʼn bekende sokkerspeler wat gedurende Paasnaweek in hegtenis geneem is toe hy die spoedgrens oorskry het, het Vrydag in die Balfour-landdroshof verskyn.
ANC sê opposisiepartye ‘oorreageer’ oor Nkandla-uitspraak
Die ANC se “top ses” het Vrydagaand in hul reaksie op die konstitusionele hof se uitspraak oor die Nkandla-sage gesê opposisiepartye “oorreageer” deur ʼn mosie te bring om pres. Jacob Zuma uit sy amp te laat verwyder en probeer om die hofuitspraak te “sensasionaliseer”.
Zuma: ‘Ek het grondwet nie met opset verontagsaam’
Pres. Jacob Zuma het Vrydagaand gesê dat hy nooit met opset bedoel het om die grondwet te verontagsaam toe hy nie gehoor gegee het nie aan die regstellende stappe wat die openbare beskermer (OB) in haar Nkandla-verslag voorgelê het.
GLRU-liga: Pirates en Poorte die trekpleister
Die wedstryd tussen Pirates en Roodepoort is die grootste trekpleister wanneer die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) se Pirates-grootuitdaagreeks Saterdag afskop.
Vrou op Limpopo-plaas geskiet
ʼn Vrou moes na ʼn hospitaal in Pretoria gehaas word nadat sy Vrydagmiddag op ʼn plaas naby Vaalwater in Limpopo in die bors geskiet is.
Hoër kragtariewe van vandag af gehef
Kragverbruikers sal van vandag af 9,4% meer vir elektrisiteit betaal nadat die hooggeregshof in Pretoria ʼn aansoek deur die Organisation Undoing Tax Abuse (Outa) van die hand gewys het.
KZN-liga: kampioene se kollig dalk gesteel
Twee groentjies in die KwaZulu-Natalse Rugbyunie (KZNRU) se Premierliga kan Saterdag die bond se Moor- en Murraybekerkampioene se kollig op die Wahl Bartmann-klubrugbydag op Kingspark steel.
ToekomsVenster: Sodom en Gomorra
Miskien is die wêreld in die gemors wat hy nou is omdat ons nie meer omgee vir die wêreld nie. Wanneer jy nie meer vir die nood van die wêreld intree by God nie, bereik jy haat sy hoogtepunt.
Boer voor vrou met mes doodgesteek
ʼn Boer van die Groblersdal-omgewing in Limpopo is Vrydagmiddag ten aanskoue van sy vrou deur ʼn aanvaller oorval en met ʼn mes doodgesteek.
Polisie ontken vermiste studenteaktivis is gevind
Die Oos-Kaapse polisie het Vrydag gesê gerugte dat die studenteaktivis Vusi Mahlangu gevind is, is onwaar.
Zuma nié dadelik op pad uit, sê kenners
Hoewel die konstitusionele hof se uitspraak oor die Nkandla-sage verreikende gevolge vir pres. Jacob Zuma en die ANC sal hê, is dit hoogs onwaarskynlik dat Zuma vinnig uit sy presidensiële stoel gelig sal word.
Nasionale Dieretuin loop deur op Aprilgekkedag
Poetsbakkers was omtrent bedrywig vandag. Selfs die Nasionale Dieretuin in Pretoria het deurgeloop onder Aprilgekkedag-poetse. Craig Allenby, woordvoerder van dié dieretuin, het gesê hulle het deur die loop van die dag meer as 230 poets-oproepe ontvang.
Honderde betoog by tronk oor Walus se vrylating
Lede van die polisie se openbare-orde-eenheid moes Vrydag die ingang na die Kgosi Mampuru II-gevangenis afsper toe honderde betogers by die tronk opgedaag het en geëis het dat die besluit om Janusz Walus, Chris Hani se moordenaar, op parool vry te laat, omgekeer word.