Knie- en enkelbeserings spook al hoe kwaaier by Newcastle Highlanders wat op die koop toe pas twee van sy uitblinkers aan ander weivelde moes afstaan.
Lees meerAlles vir Donderdag 5 Mei 2016
Curriebeker: WP kies nuwe; Vrystaat verander ses, Boland 10
Die Westelike Provinsie het `n nuweling gekies vir sy kragmeting in die opstellende ronde van die Curriebekerreeks teen die Sharks-vyftiental; die Vrystaat het ses verander vir die Goue Leeus-vyftiental, en Boland tien vir die Luiperds.
Kuberkrakers steel glo miljoene se e-pos-besonderhede
Kuberkrakers het glo die gebruikersname en wagwoorde vir meer as 270 miljoen e-posadresse van Yahoo, Gmail en Hotmail gesteel.
Polisiebeamptes vas na kaping
Drie polisiebeamptes is in hegtenis geneem in verband met ʼn gewelddadige kaping vroeër vandeesmaand in KwaZulu-Natal.
Man sit lank na hy stiefdogter verkrag
ʼn 38-jarige man is Donderdag in die Kroonstad-streekshof gevonnis vir die verkragting van sy negejarige stiefdogter.
Pumas verander 14 vir Welwitschias op Ermelo
Die Pumas het 14 veranderinge aangebring in sy span wat Saterdag op die veld van die Hoërskool Ermelo in die opstellende ronde van die Curriebekerreeks teen die Welwitschias van Namibië speel.
Groot Marico-plaasmoord: Man gevonnis vir ‘barbaarse daad’
Die aanvallers het pangas en ʼn vuurwapen gehad en deur ʼn badkamervenster toegang tot die huis gekry.
Groenkloof-aanval: Twee vas
Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die naweek se aanval op twee vroue in die Groenkloof-natuurreservaat in Pretoria.
Wys bejaardes liefde en ondersteuning
Vanjaar se Tooi Turkoois vir Bejaardes-veldtog vind plaas van 15 Mei tot 15 Junie. Dié bewusmakingsveldtog is daarop gerig om jaarliks aandag te vestig op omgee en versorging van ouer mense.
Mangat-moord: ‘Vrou kan nie vertrou word nie’
Die vier verdagtes wat in verband met die moord op Danie Dreyer (64), voormalige polisiebrigadier en sakeman van Pretoria, in hegtenis geneem is, sal minstens nog ʼn aand agter tralies moet deurbring voordat hulle hoor of hul borgtogaansoek suksesvol was.
Zuma: ‘Parlement is nasionale vernedering’
ʼn Dag nadat pres. Jacob Zuma in die parlement onder opposisiepartye se beledigings deurgeloop het, het hy die wetgewer as ʼn nasionale vernedering bestempel en geëis dat die speaker orde in die parlement herstel.
Luister: Connell Cruise vertel oor New York, nuwe musiek
Die Suid-Afrikaans gebore internasionale sanger, Connell Cruise, sê hy stel later vanjaar ʼn nuwe album bekend wat stories vertel oor sy lewe in New York, dinge waarmee mense kan assosieer en die liefde.
Wie onthou nog vir Ras Dumisani?
Dis enige rugbyspeler se droom om toetsrugby te speel, net soos dit enige sanger se droom is om voor 50 000 toeskouers sy land se volkslied voor `n rugbytoets te sing.
Gids help jou in uur van nood
Helpende Hand het Donderdag ʼn gratis gids bekendgestel wat mense bystaan met ʼn reeks stappe om te volg na die afsterwe van ʼn geliefde.
[Video] Motoris glo oor k-woord in hegtenis geneem
ʼn Video van ʼn motoris, wat hardhandig deur lede van die Johannesburgse Metropolisie uit sy motor geruk en in hegtenis geneem word, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media sedert dit Dinsdag op Facebook gedeel is.
[Foto’s] Potch se senior burgers wys ou besems vee ook skoon
ʼn Groep senior burgers van die Potchefstroom-dienssentrum het Dinsdag besluit om die strate in te vaar en ʼn skoonmaakveldtog in hul omgewing te begin.
Wat is country-musiek?
Country-musiek is ’n gewilde musiekgenre met sy oorsprong in die 1920’s in die suidelike state van Amerika. Dit is ’n vermenging van ballades en opgewekte dansliedjies wat hoofsaaklik gespeel word deur ’n kitaar, viool, banjo en perkussie. Hierdie oorsprong kan ook nog verder teruggevat word na Ierland.
Disleksie en die Brein
Ons het verlede keer gesels oor die simptome van disleksie en die verwarring rondom die term: sommiges beskou dit as ongeneeslik terwyl ander meen dat ’n disleksie-diagnose min waarde het. Ons het ook begin gesels oor tegnologiese vooruitgang, soos fMRI-skanderings, wat dit vir wetenskaplikes moontlik gemaak het om te sien dat die brein plasties is, en dat neuroplastisiteit die lig aan die einde van die donker disleksietonnel is.
Man skiet homself glo in parkeerterrein
ʼn Man is dood nadat hy homself glo Donderdagoggend in die parkeerterrein van ʼn maatskappy in Sandton, Johannesburg, geskiet het.
Lily-myn: ‘Werkers se salarisse vir April nog nie betaal’
Die vakbond Solidariteit het vandag sy misnoeë uitgespreek met die feit dat die Lily-myn se werkers tot dusver nog net R650 van hul April-salarisse ontvang het.