Johannesburg Polisie het twee veranderings aangebring in die span wat teen Pirates verloor het vir sy eerste kragmeting in baie jare teen Raiders Saterdag in die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) se Pirates-grootuitdaagreeks.
Lees meerAlles vir Vrydag 6 Mei 2016
Dienshond ook trotse ‘skolier’
ʼn Veertienjarige seun van Louisiana in die VSA was verheug om sy foto reg langs dié van sy beste vriend in sy skooljaarboek te hê – sy dienshond, Presley.
Drie vas oor fluitjieblaser se moord
Drie mans is Donderdagaand vasgetrek wat na bewering ʼn Durbanse vrou vermoor het nadat sy ʼn multimiljoen-rand bedrogspul aan die polisie gerapporteer het.
Mangat-moord: Trane toe uitspraak kom
Estelle Reddy (36), een van die vier verdagtes wat tereg staan op die moord van Danie Dreyer (64), haar voormalige minnaar, se oë het vol trane geskiet terwyl landdros Mogi Naidoo Vrydag in die Pretoria-landdroshof uitspraak gelewer het in die vier se borgtogaansoek.
Ooreenkoms met stakende poskantoorwerkers bereik
Enkele ure nadat stakende werkers van die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) ʼn optog na Luthuli-huis in Johannesburg gehou het, het die Communication Workers Union (CWU) aangekondig dat hy ʼn ooreenkoms met Sapo bereik het.
VAE oorweeg kunsmatige berg vir reën
’n Behoefte aan water noop die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) om ondersoek in te stel na die lewensvatbaarheid van ’n kunsmatige berg wat sal bydra tot meer reën in dié woestynland.
Minister versoek om by MEIBC in te gryp
Die vakbond Solidariteit het vandeesweek in ʼn skrywe aan Mildred Oliphant, minister van arbeid, versoek dat daar dringend by die sukkelende Bedingingsraad vir die Metaal- en Ingenieursbedryf (MEIBC) ingegryp moet word.
Tokai-moord: Beskuldigdes hoor oor borgtog
“Hierdie misdaad is een van die gruwelikste en gewelddadigste misdade wat ek in my loopbaan moes aanhoor.”
Moneyweb vs. Fin24: Só het hof beslis
Die hooggeregshof in Johannesburg het Donderdag uitspraak gelewer in die saak van Moneyweb wat Fin24 vir kopieregskending gedagvaar het.
Geskenkidees vir Moedersdag
Digter en skrywer Antjie Krog het haar dankbaarheid teenoor háár ma uitgespreek met die skryf van haar bekende gedig “Ma”: “Want jy maak my groot in jou krom klein handjies, jy beitel my met jou swart oë en spits woorde … jy offer my elke aand vir jou Here God.”
Kettingwinkel gekap oor Moedersdagveldtog
ʼn Moedersdagveldtog van ʼn bekende klerekettingwinkel het talle moeders warm onder die kraag.
[Video] Corlea verklap haar grootste geheime
Die gewilde sanger Corlea Botha het onlangs in die Maroela Media-ateljee kom kuier.
Ma, jy verdien élke dag die beste
Die aanlyngesprekreeks 4Minutes #CoffeeandConvo’s met bekendes soos Karien Basson, Tanya van Graan, Leigh-Anne Williams en Rouchelle Liedeman, is ʼn YouTube-versameling video’s van vier minute elk wat daarna streef om alle aspekte van die lewe aan te raak.
Luister: Corlea Botha: ‘Ek wil mense raak met my musiek’
Haar teatrale optredes en kenmerkende sopraanstem het haar ʼn bekende by feeste en konserte gemaak, maar Corlea Botha sê alles bly genade waarvoor sy nederig dankbaar is.
Redakteursbrief: Wat is ‘n huis sonder ‘n moeder?
“Nog voor ek besef het dis Sondag Moedersdag, het ek besluit dis tyd om ʼn slag oor my ma te skryf. Sy sal waarskynlik die eerste een wees wat hierdie redakteursbrief lees…”
Polisie moet opdok ná vrou se ‘nagmerrie-ervaring’
ʼn Hof het Vrydag die polisie beveel om skadevergoeding aan ʼn vrou van Pretoria te betaal nadat sy in Maart verlede jaar onregmatig in hegtenis geneem en aangehou is op aanklagte van roekelose en nalatige bestuur.
Janita Claassen (1947–2005)
Op 24 Oktober 2005 het Suid-Afrika een van die gewildste Afrikaanse kunstenaars verloor toe Janita Claassen aan kanker oorlede is.
Matriekseun huis toe maande ná fratsongeluk
JG Oosthuizen, die 18-jarige leerder van Johannesburg wat verlam gelaat is ná ʼn fratsongeluk in die see by Mosselbaai in Januarie vanjaar, gaan Vrydag ná meer as vier maande in ʼn rehabilitasiesentrum uiteindelik huis toe.
‘Uitvlucht’ – die grootste van als bly die liefde
Volgens Regardt van den Bergh, skrywer, vervaardiger en regisseur van die rolprent, is Uitvlucht losweg gegrond op hom en Clara van den Bergh se verliefraak.
Moot-moord: Verdagte wil ‘nuwe feite’ voorlê
Stefan Visser (28), wat aangekla word van die moord op sy eksskoonma, Elsabe van Niekerk (55), het Vrydag in die Pretoriase landdroshof verskyn.