Anwa Dramat, voormalige hoof van die Valke, het weer Vrydag saam met nog twee geskorste senior beamptes in die Pretoriase landdroshof verskyn.
Alles vir Vrydag 6 Mei 2016
[Resep] Uiemarmelade
Wat ’n ongelooflike produk met soveel gebruike! Dit is heerlik saam met kaas, vleis, op ʼn broodjie, saam met ʼn quiche en by kouevleis.
ToekomsVenster: Hy is Abba Vader
Ontsag is die Woord wat die Bybel gebruik. Kom ons buig in dankbare verwondering en aanbidding.
Inhegtenisnemings fnuik dalk talle plaasaanvalle
Talle moontlike plaasaanvalle is waarskynlik afgeweer nadat vyf vermeende plaasaanvallers Donderdagaand in ʼn informele nedersetting by Bela-Bela in Limpopo vasgetrek is.
15 vas ná skole brand
Die polisie het 15 verdagtes in hegtenis geneem ná die week lange protesoptogte in die Vhembe-distrik in Limpopo waartydens 23 skole en ander openbare geboue afgebrand is.
Só lyk samewerkingsplan teen plaasmoorde
Die geskiedkundige ooreenkoms wat vandeesweek tussen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en AfriForum gesluit is, bring hoop dat die regering ernstig is oor die voorkoming van plaasmoorde en -aanvalle.
Allister droom seker daaroor
Die Springbokafrigter Allister Coetzee lê seker snags daaroor en droom, om te kry wat hy as afrigter vra.
Nuuskommentaar: Zuma se spieëltjie aan die wand
Sedert Nenegate lyk dit of pres. Zuma ’n spieël moes gebreek het. Dit lyk al meer of dit die towerspieëltjie was wat hom wysgemaak het hy is die fraaiste in die land. Te midde van teenspoed lyk dit of dit wat in die land reg verloop, geskied ten spyte van Zuma, en nie as gevolg van nie. Burgerlike instellings speel hierin ’n groot rol.
Woord: konstabel
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord, “konstabel”
Trompop botsing eis twee
Twee mense is dood nadat ʼn vragmotor en ʼn motor Donderdag naby Upington in die Noord-Kaap reg van voor gebots het.
Patel verwelkom nuwe Coca-Cola-ooreenkoms
Die minister van ekonomiese ontwikkeling het Donderdag ʼn samesmeltingsooreenkoms tussen die Coca-Cola Beverages Africa (CCBA)-partye en die Suid-Afrikaanse regering verwelkom.
Inwoners gryp self in om skole te beskerm
Inwoners van Vuwani in Limpopo het self patrolliegroepe gevorm om deurnag hul skole van gewelddadig betogers te beskerm.
Bespaar geld, kanselleer nuwe straler, sê VF Plus
Die VF Plus meen pres. Jacob Zuma moet summier die planne om ʼn nuwe straler van R4 miljard vir hom te koop stopsit om aan die bevolking van Suid-Afrika te wys hy is ernstig oor geldbesparing.
Gedagte vir die dag: ’n Skat in die hemel
Hierdie geloof en liefde is gegrond op die hoop wat vir julle in die hemel bewaar word en waarvan julle reeds gehoor het toe die waarheid, die evangelie, aan julle verkondig is. (Kolossense 1:5)