ʼn Kanadese bruid het vandeesweek ʼn oorvloed welwillendheid van honderde vreemdelinge ervaar nadat haar trourok enkele dae voor die groot dag in ’n brand verwoes is.
Lees meerAlles vir Saterdag 7 Mei 2016
Solidariteit-gesprek in Europa wen steun vir Afrikaans
“Daar is indringende vrae gevra en dit is duidelik dat mense bekommerd is oor wat in Suid-Afrika op ekonomiese en menseregtevlak gebeur.”
Drie vas vir ‘onwettige’ ivoor
Drie Zimbabwiese burgers het Vrydag in die Brits-landdroshof verskyn vir die onwettige besit van ivoor.
[Video] Betogers veroorsaak ontwrigting op Tuks-kampus
AfriForum Jeug het vandeesweek die Universiteit van Pretoria (UP) skriftelik versoek om sekuriteit op die kampus op te skerp nadat ʼn studenteraad-vergadering deur lede van die EFF en Sasco ontwrig is.
Eskom-werkers se raaiselagtige dood ondersoek
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ondersoek die dood van twee Eskom-werkers wat vandeesweek in raaiselagtige omstandighede gesterf het.
Ses ernstig beseer in fratsontploffing by lugskou
Ses mense is met ernstige brandwonde na verskillende hospitale gehaas nadat ʼn spuitblik Saterdag by ʼn lugskou in Pretoria ontplof het.
Nog 8 vas vir Limpopo-betoging
Nog agt mense is in hegtenis geneem in verband met die betogings in die Vhembe-distrik in Limpopo waartydens 24 skole vandeesweek aan die brand gesteek is.
Moody’s sê oor SA kredietgradering
Moody’s Investors Service het bevestig dat hy Suid-Afrika se kredietgradering op Baa2 hou, twee vlakke bó rommelstatus, hoewel die uitkyk van stabiel na negatief verander is.
Outa: ‘Verlenging van e-tol-afslagtydperk voorspelbaar’
“Sanral se onlangse besluit om ʼn paar uitverkore motoriste te dagvaar wat versuim om te betaal, is ʼn poging om die publiek die skrik op die lyf te jaag ten einde van die afslagaanbod gebruik te maak.”
Vrou vas wat glo lyk wou steel
Die Valke het Vrydag ʼn Oos-Kaapse vrou in hegtenis geneem nadat sy na bewering ʼn liggaam by ʼn lykshuis in Mthatha probeer opeis het om versekeringsgeld te kan eis.
‘Kaper’ dood, drie gewond in skietgeveg met polisie
ʼn Vermeende kaper is dood en sy drie makkers gewond nadat ʼn skietgeveg Vrydagmiddag tussen die verdagtes en lede van die Johannesburgse Metropolisie (JMPD) by ʼn verkeerslig in Lenasia, suid van Johannesburg, ontstaan het.
Twee dood, 13 beseer toe band glo bars
Twee mense is dood en 13 beseer nadat ʼn minibus-taxi Vrydagmiddag op die N3 buite Warden in die Vrystaat gerol het.
Mbalula: ‘Verskoning vir rassistiese uitbarsting nie genoeg’
Fikile Mbalula, die minister van sport, het Vrydag gesê Matthew Theunissen (26), die man wat vandeesweek erg deurgeloop het nadat hy rassistiese uitlatings op sy Facebook-profiel gemaak het, moet die gevolge van sy dade dra.
Gedagte vir die dag: Die hemel is vir almal
Een ding moet julle egter nie vergeet nie, geliefdes: vir die Here is een dag soos ’n duisend jaar en duisend jaar soos een dag. Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer. (2 Petrus 3:8–9)