Lucara Diamond-korporasie het ʼn rekordbedrag ontvang vir ʼn diamant van 812.77 karaat wat in November 2015 in Botswana gevind is.
Lees meerAlles vir Dinsdag 10 Mei 2016
Onvoorspelbaarheid kenmerk Goue Beker in 2016
Die mededingendheid en spanning wat verlede jaar die oop klubs se reeks om die Goue Beker (GB) gekenmerk het, tesame met die onvoorspelbaarheid van vanjaar s’n beloof selfs groter belangstelling uit te lok as wat tevore die geval was.
PIC het R99 miljard verloor ná Nene se afdanking
Die Openbare Beleggingskorporasie (PIC) het Dinsdag erken dat hy R99 miljard oor twee dae in Desember verloor het nadat Nhlanhla Nene uit die amp van minister van finansies verwyder is.
ARV’s vir alle MIV-positiewe SA’ners
Alle Suid-Afrikaners wat MIV-positief is, sal vanaf September antiretrovirale (ARV)-behandeling mag ontvang ondanks hul CD4-telling, het die minister van gesondheid Dinsdag aangekondig.
Polisieminister het geen slapelose nagte oor misdaad
Die adjunkminister van polisie het Dinsdag gesê sy het nie slapelose nagte oor die hoë vlakke van misdaad in Suid-Afrika nie, want sy weet die polisie hanteer dit.
Poskantoor wil R3,7 miljard leen
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor nader tans banke om ʼn plaaslike leningspakket te onderhandel ter waarde van R3,7 miljard.
Vuwani-betogings: Miljoene nodig om skole te herbou
Dit sal die regering na verwagting honderde miljoene rande kos om die skole te herbou wat tydens die betogings in die Vuwani-gebied in Limpopo aan die brand gesteek is, het Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, Dinsdag gesê.
Pendoring: Die wêreld wink… as jy inskryf
Verbeel jou, jou droom het waar geword en jy is op pad na die 2017 Cannes-reklamefees. Behalwe om jou te verlustig in die beste skeppende werk wêreldwyd, kan jy dalk skouers skuur met die groot koppe in die reklamewêreld. Dit is presies wat op Dominique Swiegers wag.
Kommissie gaan ‘rasregter’ ondersoek
Die Regterlike Dienskommissie (RDK) het Dinsdag gesê ʼn amptelike klag is by die kommissie ingedien teen ʼn Pretoriase regter in die hooggeregshof, Mabel Jansen, nadat haar opmerking op sosiale media oor swart mans se “kultuur” van verkragting aan die lig gekom het.
Man stap 922 km om renosters te red
Daniel Fenton, ʼn 22-jarige wildbewaarder by die &Beyond Phinda- private wildreservaat in die noorde van KwaZulu-Natal, het op 1 Mei sy staptog van 922 km van dié reservaat tot by die Ramatlabama-grenspos na Botswana begin ten bate van die bewusmaking van die renosterstroperkrisis in Suid-Afrika.
Man gesoek wat glo Kimberley-vrou verkrag
Die polisie in die Noord-Kaap het Dinsdag ʼn identikit van ʼn man uitgereik wat na bewering ʼn 21-jarige vrou van Kimberley in ʼn park verkrag het.
[Foto’s] Liefde blom in die herfsjare
Toe die 84-jarige Ouma Toerien op ʼn winderige Augustusdag in 2015 ʼn ouer man ophelp nadat hy geval het by die ouetehuis waar hulle albei woon, het sy nooit besef sy sou byna ʼn jaar later voor die kansel staan met dié man se broer nie.
[Foto’s] Agtjarige red hond uit puttoilet
Jamie sê hy was nie eintlik bang gewees nie, maar hy het lig geloop vir al die spinnekoppe. “Ek wou net die hond kry en seker maak sy is oukei.”
Deurbraak ná vlaag inbrake in Pta-Oos
Die Garsfontein-polisie in die ooste van Pretoria het ʼn deurbraak gemaak nadat inbrekers wat vermoedelik by ʼn vlaag inbrake in die omgewing betrokke was, aangekeer is.
DBV-takke kan dalk sluit ná virus-uitbraak
Die uitbreek van ʼn virus by twee Oos-Kaapse takke van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) en gevolglike medisynerekeninge van derduisende rande, het tot gevolg dat dié takke moontlik binnekort hul deure sal moet sluit.
Hollywood-ontwerpte ruimtepakke vir Space X
Jose Fernandez, die ontwerper van die spesiale Batman-pakke vir flieks, is deur Elon Musk, grootbaas van Space X, genader om te help om byderwetse ruimtepakke te ontwerp.
Onteiening: Is jou plaaswerkers uitgelewer?
Die voorgestelde Onteieningswetsontwerp wat voor die einde van die jaar wet kan wees, is minder rooskleurig vir plaaswerkers en plaasbewoners as wat dit op die oog af lyk.
[Video] Onderhoud met verkeerde persoon steeds grappig
Dis vandeesweek 10 jaar sedert Guy Goma verkeerdelik op BBC vir ʼn tegnologiekenner aangesien is, en ʼn video van dié onderhoud word weer wyd op sosiale media gedeel.
$17 miljoen vir Hitler-beeldjie
ʼn Beeld van ʼn knielende Hitler deur die Italiaanse kunstenaar Maurizio Cattelan is teen $17,2 miljoen (byna R263 miljoen) by ʼn veiling in Amerika verkoop.
Man spring uit bewegende motor tydens kaping
ʼn Man moes na ʼn hospitaal geneem word nadat hy Maandagaand uit ʼn bewegende motor gespring het toe twee kapers met hom en sy swanger vriendin binne die motor weggejaag het.