ʼn Verdagte wat in hegtenis geneem is vir die moord op Billy van Rooyen (37) en sy skoonpa, Ronnie Lombard (62), is dood in sy sel in die Vryheid-polisiestasie aangetref. Van Rooyen en Lombard is in April tydens ʼn aanval op hul plaas naby Vryheid, KwaZulu-Natal, doodgeskiet.
Alles vir Vrydag 13 Mei 2016
Deel in RSG se ongewone ‘Wittebrood’
CJ Langenhoven het gesê: “Wie liefde verwar met sinnelikheid, sien ʼn engel aan vir ʼn aap.” Riana Scheepers vertel háár weergawe van die liefde wat nie noodwendig moet sin maak nie, in die radiodrama Die wittebrood in RSG se Radioteater.
ToekomsVenster: Wie is God?
Probeer jy ook soms uitpluis wie God is of aanvaar jy net dat God daar is en teenwoordig is in jou lewe?
Wat wel waar is, is dat ons God op verskillende maniere ervaar. Ons reageer almal verskillend op die coram dei (teenwoordigheid van die Here)
Seuns by pa voor hy sterf ná vliegongeluk
“Ek het gesien hoe die een vlerk na bo wys soos hulle omdraai, toe het hulle vir ʼn oomblik agter ʼn klomp bome verdwyn en die volgende oomblik het die vliegtuig geval en neus eerste die grond getref.”
Woord: alfabet
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord “alfabet” en boonop hoe dit met “Ye Olde Shoppe” verbind word.
Daniel Hugo skuif versameling ná betogings by Maties
Die digter, vertaler, letterkundige en radioman dr. Daniel Hugo het sy persoonlike versameling literêre dokumente aan Akademia geskenk omdat die Universiteit Stellenbosch, volgens hom, nie meer ʼn veilige bêreplek vir dié literêre skat bied nie.
Man sterf toe trok vol soutsuur omslaan
ʼn Man is dood en een is ernstig beseer toe ʼn swaarwoertuig met ʼn vrag soutsuur Donderdagaand in Durban omgeslaan het.
Afrikaanse rockmusiek in goeie hande
Skrywers soos Anton Goosen, Koos Kombuis en Valiant Swart is steeds aktief en meer gewild as ooit. Alhoewel sokkie-bokkie-treffers en kommersiële popmusiek steeds meer albums verkoop, hoef Afrikaanse rockmusiek glad nie terug te staan vir hoofstroommusiek nie.
Nuuskommentaar: 90% plaaslike musiekinhoud is ʼn kat met baie naels
Gaan Afrikaanse musiek baat vind by die SAUK se besluit om 90% plaaslike musiekinhoud op al sy platforms te verplig, of gaan luisteraars wegdraai van RSG omdat die “kwota” “noodwendig” ook tot die storting van musiekrommel sal lei? Uiteindelik gaan die luisteraar bepaal of die projek, wat Afrikaanse musiek betref, in sy doel slaag.
Dinamiese Afrikanerskap
Dr. Danie Langner Met die draai van die eeu het Willem de Klerk ʼn dun, maar omstrede, boekie gepubliseer. Hy skryf in Afrikaners, kroes kras…
Hond onder motor gesleep
ʼn Hond het oorleef nadat hy omtrent 50 m ver onder ʼn motor gesleep is. Die voorval het in Bloemfontein gebeur.
Moord ondersoek ná verdagtes sterf
Die polisie in die Oos-Kaap ondersoek sake van moord nadat gemeenskapslede van Bengu buite Lady Frere glo reg in eie hande geneem het.
Vrywillige skeidingspakkette vir Lily-mynwerkers
Die Lily-myn se besigheidsreddingpraktisyn het werkers by dié myn in kennis gestel dat hulle nou kan begin om aansoek te doen vir vrywillige skeidingspakkette weens operasionele redes en ʼn gebrek aan befondsing.
Gedagte vir die dag: Hoopverloor
Al val die regverdige hoeveel keer, hy staan weer op, maar die goddelose word deur rampe vernietig. (Spreuke 24:16)
OP-liga: seuns teen manne deug nie
Dit deug nie om seuns teen hardebaarde te laat speel nie.
Bolandliga: Samoa leer les in ondersteuning
Darling het Moorreesburg (Samoa) Saterdag `n les in ondersteuning geleer in hul kragmeting in die streek SwartWeskus van die Bolandse Grootuitdaagreeks.
Luiperds: Dorp oorleef leeukuil, geles en al
Potchefstroom-Dorp het Saterdag `n besoek aan die leeukuil oorleef in `n wedstryd wat vier geel kaarte opgelewer het.