Griekwas is steeds onoorwonne en het sy voorsprong in die opstellende ronde van die Curriebeker vergroot deur die Welwitschias van Namibië die afgelope week 55-25 te klop.
Lees meerAlles vir Sondag 15 Mei 2016
Vrou vertel hoe ‘mense-engel’ haar lewe red
ʼn Johannesburgse vrou het Saterdag op sosiale media die storie gedeel van ʼn vreemdeling wat haar lewe gered het nadat sy in ʼn winkelsentrum inmekaargesak het.
Onderrig in Vuwani Maandag hervat
Al die nodige reëlings is getref sodat onderrig by skole in die Vuwani-gebied in Limpopo Maandag hervat kan word nadat skole byna twee weke lank weens gewelddadige betogings gesluit was, het die departement van basiese onderwys gesê.
Miljoene rande se dwelms in bakkie gevind
Die Wes-Kaapse polisie het Sondag in die vroeë oggendure ʼn reuse-vonds gemaak toe hulle op R10 miljoen se Mandrax-tablette beslag gelê het.
BBRU-liga: Jong Turke lewer nóg skok op skok
Met skok op skok wat voortduur in die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Carltonliga A, is dit toenemend duidelik dat die Jong Turke besig is om die ou bedeling omver te werp.
Pta-man skiet vermeende inbreker
ʼn Vermeende inbreker is in ʼn kritieke toestand nadat hy Saterdagaand glo by ʼn huis in Willowpark Manor, Pretoria, ingebreek en deur ʼn buurman geskiet is.
Winnie Rust-moord: Verdagte vas
ʼn Verdagte is in hegtenis geneem vir die moord op die geliefde skrywer Winnie Rust (77).
Bewerings oor minister van finansies ontken
Die presidensie het Sondag in ʼn verklaring bewerings ontken dat daar enige planne is om ʼn ander minister van finansies aan te stel.
Johan Booysen: ‘NVG-hoof het Grondwet oortree’
Johan Booysen, die geskorste hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, het in ʼn hofaansoek gesê Shawn Abrahams, die nasionale direkteur van openbare vervolging, het nie net die mag van sy posisie misbruik nie, maar ook die Grondwet oortree.
Raadslid, 3 ander vas oor Limpopo-betogings
Nog vier mense, onder wie ʼn raadslid, is in hegtenis geneem in verband met die betogings in Vuwani, Hlanganani en Levubu in Limpopo die afgelope twee weke waartydens talle skole, geboue en voertuie aan die brand gesteek en beskadig is.
Griekwasliga: Prieska versterk plek in streek
Prieska-Dorp het sy tweede opeenvolgende wedstryd gewen om sy vroeë voorsprong in Griekwas se Pixley ka Seme-streek te verstewig.
Solidariteit: ‘Krag van gemeenskap sterker as die staat’
“Ons is bekommerd dat mense nie net negatief is nie, maar selfs angstig. Ons wil mense weer die gevoel gee dat hulle self beheer oor hul toekoms kan neem en dat hulle nie net slagoffers van omstandighede hoef te wees nie.”
Pravin Gordhan glo binnekort vervolg
Pravin Gordhan, minister van finansies, kan na bewering binnekort saam met agt ander mense vervolg word vir hul beweerde betrokkenheid by ʼn sogenaamde “rogue”-eenheid in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).
Vermiste meisie (7) se lyk gevind
Die liggaam van ʼn sewejarige meisie wat Donderdag as vermis aangemeld is in Vrede in die Vrystaat, is gevind.
Man se liggaam 17 uur ná ongeluk gevind
Die liggaam van ʼn jong man is eers 17 uur ná ʼn ongeluk op die N3 in Townhill, Pietermaritzburg, gevind nadat die motor gerol en hy vermoedelik uit die voertuig geslinger is.
Gedagte vir die dag: Ons hoop op insig
Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom. (Filippense 1:6)