Dit moet die Oos-Vrystaatse rugbybase kwel dat twee klubs in week ses (7 Mei) van die streekliga punte gegee het op `n tydstip waar die reeks hoogspanning tussen die voorste spanne bereik.
Alles vir Maandag 16 Mei 2016
Man, vrou in huis se oprit geskiet
Twee mense is in ʼn kritieke toestand na ʼn skietvoorval Sondagaand in die oprit van ʼn huis in Johannesburg.
500 in provinsie vas
Die polisie in die Wes-Kaap het die naweek 500 mense vir verskillende misdade in die provinsie in hegtenis geneem.
ANC in Gauteng maak u-draai oor Zuma
Die ANC se provinsiale uitvoerende komitee (PUK) het besluit om pres. Jacob Zuma se verskoning te aanvaar na aanleiding van die konstitusionele hof se uitspraak dat hy die grondwet verontagsaam het.
Gedagte vir die dag: Ons hoop op sukses
Hulle het almal geprobeer om ons die skrik op die lyf te ja, met die gedagte: Hulle sal die werk laat staan en dit sal nie klaarkom nie. Sterk tog my hande, o God! (Nehemia 6:9)