Die tussentydse interdik wat AfriForum Jeug op 11 Maart teen die Universiteit Stellenbosch (US) bekom het, is Donderdag bekragtig nadat ʼn oorhoofse skikking tussen die partye bereik is.
Alles vir Vrydag 20 Mei 2016
Redakteursbrief: Facebook – soms ʼn monster, dikwels ʼn engel
Sosiale media het ʼn ryk en skynbaar onuitputlike bron geword van stories wat andersins by ons én ons lesers sou verbygegaan het, skryf Susan Lombaard.
Welkom-meisie (6) in veld verkrag
ʼn Sesjarige meisie van Welkom in die Vrystaat sterk in die hospitaal aan nadat sy glo Donderdagaand deur ʼn 32-jarige man verkrag is.
‘Verveligste’ konferensie ooit
Die Europeërs het ʼn blink plan bedink om een keer per jaar weg te breek van die dikwels negatiewe nuus waarmee ʼn mens omring word met ʼn sogenaamde “Boring Conference” waar alles wat alledaags en gewoon is, bespreek word.
Tragedie tref tydens kampnaweek: ‘Haar gees is onstuitbaar’
“Soozi het so half aan die kant van ons kampterrein saam met my twee kinders gestaan en bid. Ek het nog vir hulle staan en kyk en die oomblik waardeer, toe dit gebeur.”
Nuuskommentaar: Polarisasie om ekstreem links en regs geen grap
Terwyl dit duidelik is dat diegene wat ’n rooskleurige toekoms vir die land op die ekstreem linkse vleuel probeer vind gereeld tot vandalisme en geweld oorgaan, verklap leserskommentare dat daar ook nog baie lewe in die ekstreem regse geledere is. In die proses word broodnoodsaaklike aksies, soos die Solidariteit Beweging se #OnsBou-aksie, verdag gemaak.
[Video] Veels geluk, Huisgenoot!
Huisgenoot, die grootste Afrikaanse tydskrif, is vandag 100 jaar oud nadat die eerste uitgawe op 20 Mei 1916 verskyn het.
ToekomsVenster: Waag dit om ’n tree te gee
Dink so bietjie oor jou lewe; hou jy daarvan om te praat en sien jy kans om mense te vertel van Jesus, of is die verhoudings vir jou belangriker? Is jy ’n vredemaker, helper, ’n vriend in nood? Lê jou passie daarin om mense te help wanneer hulle seer het, trauma ervaar of in nood is?
Solidariteit neem die voortou in vakbondwese
Alhoewel Solidariteit as ’n vakbond bekendstaan, is dié organisasie – die oudste van sy soort in Suid-Afrika – ’n vakbond wat werklik vir sy lede omgee en wat ondanks sy grootte vêr bo sy gewigsklas boks.
Dié motors kry nul vir veiligheid ná toets
Vyf motors van bekende vervaardigers het vandeesweek tydens die laaste ronde van die internasionale Global NCAP-motorveiligheidstoets in Indië nul vir motorveiligheid gekry.
Zuma-straler gee weer probleme
Pres. Jacob Zuma se presidensiële straler, Inkwazi, het glo weer tegniese probleme ondervind en hy moes met ʼn ander vliegtuig na Pretoria vlieg ná sy staatsbesoek aan Katar.
‘Pravin Gordhan nie kriminele tipe’
Jackson Mthembu, die hoofsweep van die ANC, het Donderdag gesê Pravin Gordhan, die minister van finansies, is nie die “kriminele tipe” nie en mense wat leuens oor hom versprei, moet betrap word.
‘Welkom in die wildernis’, sê Wanda Bam
“Ek het hierdie boek vir mense geskryf, wat soos ek, super-heel probeer lyk het – wat vir jare jok oor die ‘Van Tonders’ met wie dit so goed gaan.”
‘Tel jou woorde,’ sê Liesel Krause-Wiid
“ʼn Mens se tong is soos ʼn klein vlammetjie wat ʼn hele bos aan die brand kan steek,” sê Liesel Krause-Wiid by die bekendstelling van haar jongste boek, Wat sê jy.
Pta-straatnaamtwis: Uitspraak voorbehou
Die konstitusionele hof het Donderdag uitspraak voorbehou in die saak tussen AfriForum en die Tshwane-metroraad rakende die verandering van Pretoria se straatname.
Nkandla-terugbetaling: Tesourie doen steeds berekeninge
Die Nasionale Tesourie het Donderdag gesê hy is sterk op pad om die finale bedrag te bepaal wat pres. Jacob Zuma aan die staat moet terugbetaal vir die opgraderings by sy private woning in Nkandla.
Dwelms al langs grondpad gevind
ʼn Man sal Vrydag in die Vryburg-landdroshof verskyn nadat hy glo verbind is met die verkoop van dwelms ter waarde van R327 000.
Parlement gevra om bewerings oor Malema-lyfwag te ondersoek
Die ANC het geëis dat die parlement onmiddellik bewerings ondersoek dat een van Julius Malema, die leier van die EFF, se lyfwagte die parlement binnegekom het toe daar Dinsdag ʼn gestoei tussen die EFF-LP’s en die parlementêre veiligheidswagte ontstaan het.
Gedagte vir die dag: Die dag van klein dingetjies
Moenie die dag van klein dingetjies gering ag nie. (Sagaria 4:10)