‘n “Negedaagse wonder” is iets wat vir ‘n kort tydjie opspraak verwek. Taaltoffie ondersoek die herkoms van dié uitdrukking.
Alles vir Dinsdag 24 Mei 2016
Brandstofpryse gaan skerp styg
Brandstofpryse gaan op 1 Junie beduidend styg weens die rand wat ietwat swakker verhandel en ’n styging in die prys van internasionale petroleumprodukte.
Kampsbaai-moord: Hof sê oor borgtog
Die Kaapstad-streekhof het Dinsdag uitspraak gelewer in die borgtogaansoek van Diego Dougherty (43), wat beskuldig word van die moord op sy Amerikaanse vriendin, Gabriela Alban.
[Foto’s] Man met prostese stap 7 000 km vir ander met gestremdhede
Paul het verlede jaar op 3 Augustus begin stap en reeds 4 300 km afgelê. Sy staptog het by die Waterfront in Kaapstad begin en hy beplan om weer in Kaapstad te eindig op 1 Oktober vanjaar.
[Foto’s] Goue medalje vir SA by Chelsea-blommeskou
Kirstenbosch Botaniese Tuin in Kaapstad het vandeesweek ʼn goue medalje gewen vir sy uitstalling by die wêreldbekende Chelsea-blommeskou in Londen.
[Video] Koning leeu is onverwagse kuiergas
ʼn Johannesburgse egpaar het ʼn video op sosiale media gedeel van ʼn buitengewone ervaring tydens ʼn onlangse kampeeruitstappie toe hulle wakker geword het van leeus wat aan een van hul tente lek.
[Resep] Quiche met amandelsmeerkors en groente
Wenk: Maak ʼn opgehoopte koppie (150 g) heel amandels fyn in ʼn voedselverwerker om 375 ml amandelmeel te maak.
Video: Kom tuis op Maroela Media
Het jy vriende oorsee wat terugverlang na die ingelegde vrugte uit oupa se spens, die pannekoek op die kerkbasaar, die saamkuier om die kombuistafel?
Spioenasiebande-saak: Zuma wil om dié redes appelleer
Pres. Jacob Zuma het Maandag ʼn aansoek om verlof tot appèl ingedien teen die hooggeregshof se uitspraak dat die besluit om sy vervolging in verband met die spioenasiebande-sage te laat vaar, irrasioneel was.
ToekomsVenster: Missio dei – met vrede
Die vrede is natuurlik vrede wat alle verstand te bowe gaan. Dit is nie ’n vrede waar ons nou net mooi woorde vir mekaar het nie, maar dit is ’n vrede wat maak dat ek kan aangaan met my lewe. Ek haal my hande van jou keel af om te kan aangaan met my lewe.
Nuuskommentaar: Fort Zuma se skanse teen howe
Maak pres. Jacob Zuma se strategies juridiese en kwasi-juridiese skanse hom onaantasbaar of bly hy kwesbaar? Kan sy juridiese verskansing byvoorbeeld keer dat die land tot rommelstatus afgegradeer word?
[Foto’s] Miljoene rande se dwelms in bakkie versteek
Die Bulgerivier-polisie het Maandag ʼn reuse-dwelmvonds gemaak toe hulle beslag gelê het op heroïen ter waarde van nagenoeg R93 miljoen wat in panele van ʼn Nissan P200-bakkie versteek was.
[Video] Avo-avonture saam met Suzelle en Mariaan
Vaarwel aan die dae toe jy ʼn avokado gekoop het wat eintlik nog aan die boom moes hang om ryp te word.
Churchill se lesse vir vandag
Churchill was gewoonlik stroomop en uit pas met die openbare mening. Dit het hom gereeld duur te staan gekom en hy is ʼn paar keer uitgeskop en moes op die kantlyn magteloos toekyk hoe sy waarskuwings bewaarheid word… Flip Buys verduidelik hoe ons Churchill se wysheid vandag kan toepas.
Hammanskraal weer kalm ná geweld
Die situasie in Hammanskraal, noord van Pretoria, was Dinsdagoggend kalm nadat twee mense dood en ses beseer is toe geweld Maandag in die gebied uitgebreek het.
Disleksie: Tree vir tree deur die leerproses
Een vaardigheid moet eers vasgelê word voor ons ’n daaropvolgende vaardigheid kan baasraak. Dis soos met ʼn leer opklim: sportjie vir sportjie, anders val jy.
Man in hof vir moord op polisieman
Siyabonga Shabalala (21) het Maandag in die Hammarsdale-landdroshof verskyn vir die moord op ʼn polisiebeampte verbonde aan die Mpumalanga-polisiestasie in KwaZulu-Natal.
KZN-liga: spelers in motorongeluk voor stryd
Spelers van die deur beserings geteisterde Newcastle Highlanders was boonop Saterdag in `n motorongeluk onder weg Durban toe om die bond se kampioen, Durban Collegians, in die Premierliga aan te durf.
KZN-liga: SCW slaan eerste slag in Premierliga
South Coast Warriors van Uvongo het Vrydag sy eerste sege behaal sedert hy aan die begin van die seisoen sy buiging in die KwaZulu-Natalse Premierliga (Moorbeker) gemaak het.
Soveel het ondersoek na wapentransaksie gekos
Die minister van justisie en korrektiewe dienste het bekend gemaak hoeveel die Seriti-kommissie van ondersoek na die multimiljoenrand-wapentransaksie belastingbetalers uit die sak gejaag het.