ʼn Splinternuwe bymekaarkomplek vir alle mense wat hulself deel voel van Afrikaans, is Donderdagaand tydens ʼn glansgeleentheid by The Venue in Melrose Arch, Johannesburg, bekend gestel.
Lees meerAlles vir Donderdag 26 Mei 2016
Vuwani-matrikulante angstig om weer met skool te begin
Daar is nog nie enige planne om die 2 500 matrikulante in Vuwani te verplaas nie en die skole het nog nie weer begin ná 20 skole onlangs in dié deel in Limpopo afgebrand is nie.
Beweerde verkoop van SA se oliereserwes onwettig
Die Strategiese Energiefonds (SEF) het glo sonder die medewete van die nasionale tesourie sowat 10 miljoen vate ru-olie in ʼn geslote transaksie teen ʼn ‘baie lae prys’ verkoop.
Grondonteieningswetsontwerp goedgekeur
Die parlement het Donderdag die omstrede grondonteieningswetsontwerp goedgekeur.
Absa-klante kan nou banksake op Twitter doen
Absa het Donderdag ʼn nuwe sosialemedia-app, ChatBanking, op Twitter vrygestel.
Trump is VSA se Republikeinse presidentskandidaat
Die miljardêr sakeman Donald Trump het die aantal afgevaardigdes bereik om die Republikeinse nominasie vir die Amerikaanse presidentskap syne te maak.
[Foto’s] Bril op vloer vir kunswerk aangesien
Wat sou gebeur as jy ʼn bril op die vloer in ʼn kunsmuseum neersit?
Uber aanvaar nou ook kontant
Uber-gebruikers kan van Donderdag af ook met kontant begin betaal.
Zim-burger ‘betaal’ met skoene vir toegang tot SA
ʼn Adjunk-direkteur by binnelandse sake sowel as 14 ander mense is Donderdag in hegtenis geneem op aanklag van bedrog en korrupsie wat met die dokumentasie van buitelanders verband hou.
Weldoeners maak harte, beursies oop vir dié matrieks
Minstens 24 minderbevoorregte matrieks van Pretoria kan nou, danksy weldoeners, die matriekafskeid van hul drome kry.
Man vas wat boerboel glo doodskiet
ʼn Man in sy 60’s het sy boerboelhond glo Woensdagaand in Krugersdorp in Gauteng doodgeskiet.
Honderde SA’ners gaan help met Kanada-brande
ʼn Groep Suid-Afrikaners vertrek eersdaags na Kanada om te gaan help met die verwoestende brande in dié land.
Kampsbaai-moordbeskuldigde wil appelleer
Hy sal ook aanvoer dat hy minder toerekeningsvatbaar was weens die invloed van dwelms.
Gewapende man slaan toe by hoërskool in Rustenburg
Hoërskool Grenswag in Rustenburg, Noordwes, het Donderdag leerders huis toe gestuur nadat ʼn gewapende man vroeër die dag leerders by die skool beroof het.
Luister: Olivia Loots deel reiswenke in ‘Ek. Frankryk. 246 Dae.’
ʼn Oorbruggingsjaar is nie nét ʼn rusjaar nie. Olivia Loots, ʼn derdejaarstudent in Visuele Studies en Tale aan die Universiteit van Pretoria, het pas ʼn boek uitgegee oor haar agt maande lange oorbruggingsjaar in Frankryk, en sê dié boek is vir elkeen wat dieselfde reis beplan en vol nuttige wenke.
Taalgebruik: desnieteenstaande, ondanks
Taaltoffie ondersoek die verskil tussen “desnieteenstaande”, “ondanks” en “ongeag”
Studente opgewonde oor Afrikaanse koshuis by Tuks
“Dit skep ʼn ruimte waar jy trots op jou taal en meer spesifiek jou kultuur kan wees sonder enige politieke inmenging,” het een student van hom laat hoor.
Kunstenaar van die week: Wynand & Chereé
Hul duetvertonings is ook ’n groot gunsteling by feeste en ander optredes waar hulle groot gehore trek, voorwaar ’n paartjie wat al ’n huishoudelike naam in ons land geword het.
Parys-moorde: Vier nuwe verdagtes in hof
Die drie verdagtes wat vandeesweek in hegtenis geneem is in verband met die opspraakwekkende Parys-moordsaak, het Donderdag saam met nog ʼn minderjarige verdagte in die plaaslike landdroshof verskyn.
Kwêla se dorp van die jaar is…
Die Dorp van die Jaar-kompetisie is ‘n “ongelooflike uitstalvenster vir pragtige dorpe”, bring gees onder inwoners en boonop ‘n groot finansiële inspuiting.