Gee die drankie ʼn bietjie skop: verhit die melk met 1 gedroogde brandrissie en laat 5 minute staan om die geur te ontwikkel.
Alles vir Vrydag 27 Mei 2016
ToekomsVenster: Missio dei – nie ’n nuwe “truuk” nie
Missio dei vra nie ’n nuwe “truuk” of foefie om mense deel te maak van die Koninkryk van God nie. Dit vra ’n opregte lewe voor God, ’n lewe wat ’n alternatief bied teen die gejaagdheid van die wêreld.
Onder die dekmantel van ongenaakbare versoening
Dit is onwaar dat ons nie genoeg gedoen het vir versoening en die sukses van die land nie. Die meeste Afrikaners het ten spyte van die aanvaarding van werksverlies, eiendomsverlies, die verlies van kontrakte, die meeleef met die plundering van die owerheid se kleptokrasie, onbillike rassekwotas en kriminaliteit nie die land verlaat nie.
Moenie politieke hoop op swart middelklas plaas
Dit is nie net die omvang nie, maar ook die aard van hierdie middelklas wat kommer oor stabiliteit in die land moet wek, skryf dr. Eugene Brink.
Nuuskommentaar: Grondgryp nou in Zuma se hande
Pres. Jacob Zuma het nou die finale sê oor die goedkeuring van die omstrede onteieningswet. Naas die juridiese proses, is daar ook ʼn proses van groot verwagtinge teenoor ʼn harde muur van realiteit wat konflik kan veroorsaak.
[Video] Hamburgerdag: Maak die beste burger ooit saam met Suzelle
Boul jou familie en vriende uit op Nasionale Hamburgerdag hierdie Saterdag met Suzelle DIY se hamburger-truuks en -resep in haar jongste video.
‘Nagrit’ – Valiant Swart se euforiese reistog
Nagrit is vol sterk ballades van stories en staaltjies waarop Valiant sosiale kommentaar lewer van gebeure. Van kuiers en intriges op klein dorpies tot allerlei ervarings word hier gedeel.
SAUK gaan dié nuus sensor
Die SAUK gaan dié nuus nie meer vir jou wys nie.
Boek: die na-dood
In sy jongste bundel kom ons weer onder die indruk van Breytenbach se skerpsinnige én aangrypende digterstem. Die titel verwys na die tyd digby die dood maar ook ná die dood en roep op vernuwende wyses kenmerkende leitmotiewe op uit sy werk.
Man en vrou dood na skietvoorval by Randburg-huis
ʼn Man en ʼn vrou is dood en nog iemand is ernstig beseer in ʼn skietvoorval by ʼn huis in Randburg.
Dokter geskors na beweerde verkragting
ʼn Mediese dokter van Limpopo is voorlopig geskors omdat hy na bewering ʼn pasiënt verkrag het.
Geslagsdele in vrieskas: Polisie slaan toe op Deen se winkel
Lede van die Valke en die polisie se taktiese reaksie-eenheid het Donderdag op die Deense man, wat vroeër in hegtenis geneem is nadat die polisie vroue se geslagsdele in sy vrieskas gevind het, se wapenwinkel in Bloemfontein toegeslaan.
Gedagte vir die dag: Hulle sal God sien
‘Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien.’ (Matteus 5:8)
WP-liga: 2 500 sien klubrugbyskouspel in Kaap
Sowat 2 500 toeskouers het Saterdag op Philip Herbstein-park in Contantia aanskou hoe Valsbaai kliphard teen Tygerberg moes veg om sy onoorwonne status te handhaaf.