Vier mans, ʼn motoris en drie veiligheidswagte is Woensdagoggend beseer tydens ʼn mislukte transitorooftog op die N4-snelweg naby Brits in Noordwes.
Alles vir Woensdag 1 Junie 2016
Wen: Nádine vertel van spesiale oomblikke in ‘Sneeuwitjie’
Wen ʼn dubbelkaartjie na Sneeuwitjie se vertoning op Saterdag, 4 Junie om 19:30 by Emperors Palace in Johannesburg.
In watter land woon ek nou eintlik?
Deesdae begin van die swart aktiviste ewenwel – nes in Amerika, Brittanje (en Suid-Afrika) – oor “witheid” debatteer. Alle denkbare en ondenkbare misdade, teenswoordig of in die verlede, word aan “witheid” toegeskryf.
Vlieënier op Muldersdrift-kleinhoewe oorval
“Hy het tussen 00:00 en 01:00 wakker geskrik en gesien hoe een van die rowers uit die kombuis gestap kom, terwyl nog twee deur die venster geklim het. Toe hy opspring, het hulle ʼn rewolwer op hom gerig.”
Vrystede as model vir groeiende gemeenskap-selfstandigheid
Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het dié toespraak op 31 Mei 2016 by Orania se Stadskonferensie in Pretoria gelewer.
Pta-polisieman skiet glo gesin, homself
ʼn Pretoriase polisiebeampte het na bewering Dinsdagnag sy vrou en hul sewejarige dogter met sy dienspistool geskiet, waarna hy glo selfmoord gepleeg het.
Gautrein-pendelaars gestrand toe dienstrein breek
Gautrein-passasiers het op sosiale media die situasie as “chaoties” beskryf en gesê dat hulle tot ʼn uur lank moes wag vir Gautrein-busse om hulle van die Sandton-treinstasie te vervoer.
Nuuskommentaar: Kan die bekamping van radikale afpersing Afrikaans red?
Is universiteitsowerhede besig om voor die bedreiging van radikale geweld te swig deur Afrikaans stief te behandel en in die proses die Grondwet te vertrap? Is toegee aan radikalisme deel van die oplossing, of maak dit die probleem groter?
[Resep] Sjokolade-en-brandewyn-tert
Wenk: Hierdie tert smaak net so lekker as ʼn nagereg. Sit dit louwarm voor.
ToekomsVenster: ’n afbeelding / afdruk van die Drie-eenheid
Hierdie afbeelding is nie net ’n uiterlike afbeelding nie (ek is fisies geskape na die beeld van God), dit is ook ’n geestelike afbeelding. Ek dra liefde, vergifnis en versoening – al die gawes van die Gees in my hart.
Mans met leeudele betrap
Drie Mosambiekse mans is Dinsdag in Giyani in Limpopo in hegtenis geneem nadat die koppe van twee leeus en agt leeupote in hul besit gevind is.
Taalbeleidshersieningsproses klad op UP se naam
Die taalhersieningsproses wat tans deur die Universiteit van Pretoria (UP) gevolg word, word deur AfriForum as ʼn klad op die instelling se naam as setel van akademiese vryheid en hoëvlak akademiese denke beskou.
‘Wees paraat,’ waarsku hoof ná rowers top-laerskool plunder
Sowat R800 000 se elektroniese en ander waardevolle toerusting is tydens ʼn inbraak by ʼn vooraanstaande laerskool in Centurion gebuit.
Metrobeampte in die sop oor ‘rassistiese’ uitlating
ʼn Ondersoek is van stapel gestuur nadat ʼn lid van die Tshwane-metropolisie (TMPD) na bewering op sosiale media gesê het dat wit mense “siektes” na Afrika gebring het.
Plaasmoorde word prioriteitsmisdaad
Een plaasmoord is een te veel. Maar elke plaasmoord wat ons verhoed, is een plaas wat nie sterf nie, een werkgewer wat aanhou om die ekonomie te versterk, een produsent wat aanhou om kos op ons tafels te plaas, een familie wat nie vernietig word nie en een gemeenskap wat nie in rou is nie.
Pta-vrou oorleef skietvoorval: man, kind sterf
ʼn Ma veg vir haar lewe in ʼn hospitaal in Johannesburg ná ʼn skietvoorval in Pretoria waarin haar man en kind doodgeskiet is.
Plan van R180 miljoen om van Orania ʼn stad te maak
ʼn Ekonomiese ontwikkelingsplan wat ten doel het om Orania van ʼn dorp tot ʼn stad te laat groei is Dinsdag by die Stadskonferensie in Pretoria bekendgestel.
‘Ontvoerder’ het gesê hy bring die kind terug
Katlego Lesenya, die negejarige seun van Limpopo wie se liggaam Maandag gevind is, se pa het gesê sy kind sou nog geleef het as die polisie vroeër reageer het.
Hofbevel om grondgryp in Rustenburg te keer
Die Rustenburg- plaaslike munisipaliteit in Noordwes het ʼn hofbevel bekom om persone te verhoed om grond in die gebied te beset.
Gedagte vir die dag: God is getrou
Die belangrikste is dat God sy woorde aan die Jode toevertrou het. Maar wat nou as sommige nie getrou gebly het nie? Sal hulle ontrou die trou van God laat ophou? Beslis nie. (Romeine 3:2–4)