Kykers van die gewilde Afrikaanse kykNET-sepie, Suidooster, kan vanaf Juliemaand uitsien na nóg meer Suidooster-familiedramas wanneer dié sepie vier keer ʼn week op die kassie te sien gaan wees.
Alles vir Donderdag 2 Junie 2016
PG du Plessis se ‘Teerling: Die pes’ op RSG
Die sesde segment van die gesoute skrywer PG du Plessis se bekroonde radiodrama, Teerling: Die pes, is op 2 Junie in RSG se Radioteater te hoor.
Verkiesingsfokus: Inwoners, sakelui stem met hul voete
In dié artikel neem Eugene Brink die kwessie van die komende munisipale verkiesing en die uitwerking daarvan op munisipaliteite, as belangrike lewensruimtes en ekonomiese terreine, onder die loep.
Vier polisiemanne vas ná verdagte hul glo omkoop
Vier polisiebeamptes van KwaZulu-Natal is op borgtog van R500 elk vrygelaat nadat hulle op aanklag van korrupsie in hegtenis geneem is.
ToekomsVenster: ons vier die gemeenskap van gelowiges
Ons kan nie praat van gestuur wees in hierdie wêreld as ons van God in die enkelvoud praat nie, want God bestaan uit drie. Daar is gemeenskap of koinonia tussen die drie.
Polisie skiet drie ‘kapers’ dood
Drie vermeende kapers is Woensdagaand in Merebank in die suide van Durban deur die polisie doodgeskiet.
Voertuie bots ná bestuurder se skietdood
ʼn Sportnutsvoertuig het Woensdagaand naby Marlboro in Johannesburg reg van voor teen twee ander voertuie gebots nadat die bestuurder van die sportnutsvoertuig glo in die ry doodgeskiet is.
Oom Herrie se kerrie: Vlooi nie in die Kooi
Natuurlik het Jannetjie kaf gepraat, maar hy loop met ʼn verligte gemoed terug na sy ouerhuis. Hy is trots op sy herkoms en sy ouers wat hulle behoorlik afgesloof het om sy geleerdheid te kry. En hy is nie die enigste kind nie…
Nuuskommentaar: Meerderheid steun straks ‘agterlike, radikale’
Die vrysprakige minister van sport, Fikile Mbalula, het ’n bitter aanval op die “rassistiese, radikale en agterlike” Solidariteit en AfriForum van stapel gestuur. Dit sal Mbalula egter loon om mooi te gaan kyk wie staan nou eintlik agter die deur, skryf Herman Toerien wat na die konteks gaan kyk het.
Boek: Tuisland
Kaptein Albertus Beeslaar het genoeg gehad van die platteland. Hy het pas sy bedanking ingedien, maar word vir een laaste sending die Kalahari in gestuur. Die dood van ’n San-leier en klagtes van polisiegeweld word sy missie.
Moot-moord: Borgtogaansoek hervat
Stefan Visser (29), wat verdink word van die moord op sy skoonma, Elsabe van Niekerk (55), se borgtogaansoek word Donderdag in die Pretoria-landdroshof hervat.
Publiek kan binnekort kandidate vir nuwe OB benoem
Die ad hoc-komitee wat ʼn nuwe openbare beskermer (OB) moet nomineer om Thuli Madonsela op te volg, het Woensdag gesê hy sal binnekort die publiek nooi om kandidate vir die pos te benoem.
Bendelid swaar gevonnis vir 12 aanklagte
Marcus Malgas (24) het in Oktober verlede jaar vir Enslin Russel in ʼn straat in Helenvale trompop geloop en verskeie kere geskiet. Russel is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.
Drie NW-skole deur betogers geteiken
Skade van honderde duisende rande is aangerig nadat betogende inwoners in Ledig naby Sun City verlede weke skole in die gebied aan die brand gesteek het, het die Noordwes departement van onderwys gesê.
Gedagte vir die dag: Jesus, die vervulling van die Wet
Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete ongeldig te maak nie. Ek het nie gekom om hulle ongeldig te maak nie, maar om hulle hulle volle betekenis te laat kry. (Matteus 5:17)