ʼn Vrolike vrouefees lei vanjaar se tweede “BoekeJol- en Filmrolfees” in. Vroue kan verwag om ʼn heerlike ontbyt te geniet terwyl daar ingekleur, opgedollie, gesing en gelees word. Die tema vir die oggend se kleredrag is ook “die diva in jou”.
Alles vir Vrydag 3 Junie 2016
Woord: etiket
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord “etiket”
Turkye onttrek sy ambassadeur uit Duitsland
Turkye het duidelik gewys hy is ontevrede nadat die Bundestag, die Duitse parlement, die massamoord op Armeniërs deur Ottomaanse Turke van 1915 tot 1917 as volksmoord verklaar het.
[Resep] Turkse lekkers
Vervang die rooswater deur suurlemoen- of vanieljegeursel. Laat dan die pienk kleursel weg.
Luister: Hallo, polisie! My pa ry deur die rooi lig
Die klanksnit van ʼn sesjarige seuntjie wat die 911-noodnommer in Amerika bel nadat sy pa ʼn rooi verkeerslig verontagsaam het, word wyd op sosiale media gedeel.
Luister: Besigheid deur brandvoorkoming
Ons het familie in Secunda besoek met ʼn jong meisie wat tragies in ʼn motorongeluk doodgebrand het. Ek het net daar gesit en gebid en die Here gevra om my te help om te keer dat enigiemand ooit weer in ʼn motorongeluk doodbrand.
ToekomsVenster: ons skep
Ons weektema is verhoudings. Ek en jy kan nuwe verhoudings skep. Ons kan wanneer ou vriende wegtrek, nuwe vriendskappe skep. Ons kan ruimte in ons vriendskappe skep waar mense gemaklik voel om te kan praat en hulle self kan wees.
Orania se stadsdroom vir Afrikaners
Die afgelope week het die Orania Dorpsraad in samewerking met die Orania Beweging ʼn stadskongres aangebied waar die strategie om Orania van ʼn dorp tot ʼn stad te laat groei bespreek is. ʼn Plan van meer as R180 miljoen wat oor die volgende vyf jaar op verskillende maniere vir dié doel in Orania aangewend gaan word, is deur die uitvoerende hoof van die Dorpsraad, Frans de Klerk, bekendgemaak.
Rower skiet makker in Pta dood
ʼn Beweerde rower het Vrydagoggend sy medepligtige tydens ʼn mislukte rooftog naby ʼn winkelsentrum in die ooste van Pretoria doodgeskiet.
Cullinan-kleuter brand erg
ʼn Tweejarige meisie van Cullinan, oos van Pretoria, is in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal geneem nadat sy Donderdagmiddag erg met kookwater in haar ouerhuis gebrand het.
Nuuskommentaar: Kommunis agter elke bos uitskop
Kenners het gou die jongste opgewondenheid oor skynbare krake tussen die ANC en die SAKP besweer. Maar lê die werklike kommunistiese gevaar nie by die EFF en radikale vakbonde wat miskien nie formeel die kommunistiese hoed dra nie, maar ideologies kwalik te onderskei is?
Geskiedenis is nie ’n wapen nie
Mense wat met God se ouerhart na mekaar kyk, kyk anders na die verlede en anders na die toekoms. Hulle word vredemakers, sagmoediges, barmhartiges, rein van hart, verdraagsaam en regverdiges genoem.
Krugersdorp-kerk in brand verwoes
ʼn Kerk in Krugersdorp, Gauteng, is Donderdagnag in ʼn brand verwoes.
Man vermoor tydens sakeroof
ʼn 57-jarige man is Donderdagaand by ʼn sakeperseel in Durban, KwaZulu-Natal, vermoor.
Soveel geregistreer om in munisipale verkiesing te stem
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het bevestig dat ʼn bykomende 2,6 miljoen Suid-Afrikaners geregistreer het om in die komende munisipale verkiesing te stem.
‘Korrupsie is hoofrede vir werkloosheid in SA’
Mmusi Maimane, leier van die DA, het gesê korrupsie in munisipaliteite is die grootste bydraende faktor tot Suid-Afrika se werkloosheidsyfer.
Gedagte vir die dag: Gehoorsaam met liefde
Die liefde vir God bestaan daaruit dat ons sy gebooie gehoorsaam. Sy gebooie is ook nie moeilik om te gehoorsaam nie, want enigeen wat ’n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin. En die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof. (1 Johannes 5:3–4)