Die Louvre-museum is Vrydag gesluit om kunswerke te skuif wat moontlik deur vloede in Parys, Frankryk, geraak kan word.
Lees meerAlles vir Saterdag 4 Junie 2016
Finansies-waarborg vir Statebondspele gefinaliseer
Die minister van sport en ontspanning het Saterdag bevestig die finansies-waarborg om die 2022 Statebondspele in Durban te hou, is gefinaliseer.
Bejaarde man sterf in KZN-brand
ʼn Bejaarde man is Saterdagmiddag dood toe ʼn brand by ʼn woonstelgebou in Isipingo, ongeveer 20 km suid van Durban in KwaZulu-Natal, uitgebreek het.
Eerste Olimpiese span sonder ʼn land
Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) het ʼn span van 10 vlugtelinge gekies om vanjaar aan die spele in Rio de Janeiro deel te neem.
Vereeniging maklik baas teen NWU Vaal Pukke
Vereeniging het die afgelope Saterdag sy jaarlikse derby teen die NWU Vaal Pukke in die opstellende ronde van die Valke se Peregrineliga oortuigend 43-17 gewen.
Nuwe aanbieder vir kykNET se MegaBoere-program
Piet Croucamp sal nie die nuwe reeks van MegaBoere aanbied nie.
Onbeheersde drang na mag gaan ANC doodmaak, meen Kodwa
Zizi Kodwa, die ANC se nasionale woordvoerder, het Vrydag gesê die “onbeheersde drang na mag” onder die regerende party se lede sal nog die einde van die party beteken.
117 liggame spoel uit op strand
Altesaam 117 liggame, hoofsaaklik vroue, het op ʼn strand in Libië uitgespoel, het beamptes Vrydag gesê.
Boek: Die groot Afrikaanse heldeboek
Hierdie heldeboek bevat gunstelingverhale oor onder andere bekende helde soos Racheltjie de Beer, Shaka, Dirkie Uys, Wolraad Woltemade en Klara Majola.
[Video] Pa trek sy tand… met ʼn helikopter!
Carson Rahim se Tandemuis kan trots wees: sy kliënt se tand is met ʼn helikopter uitgetrek!
Tronkbewaarders sterf in ongeluk
Twee tronkbewaarders is dood en ʼn gevangene het oorleef toe hul voertuig Vrydag ʼn vragmotor op die N4 in Groot Marico in Noordwes getref het.
SAUK gee oor; DA-advertensies binnekort te sien
Die Demokratiese Alliansie het Vrydag gesê die SAUK het ingestem om sy verkiesingsveldtogadvertensies uit te saai.
Politici, sakemanne verwelkom S&P-aankondiging
Politici van albei kante van die spektrum en verskeie sakemanne het Vrydag die besluit deur Standard & Poor’s (S&P), om Suid-Afrika se kredietgradering onveranderd te laat.
NGV sal ‘rampspoedige gevolge’ inhou
Die sakeregte-waghond AfriSake is van mening dat die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) rampspoedige gevolge vir Suid-Afrika sal inhou.
Muhammad Ali oorlede
Die bokslegende Muhammad Ali is in die ouderdom van 74 oorlede.
Gedagte vir die dag: Nie vir die skyn nie
‘Ek sê vir julle: As julle getrouheid aan die wet nie meer inhou as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemel ingaan nie.’ (Matteus 5:20)