Twee van die voorste spanne in die Oostelike Provinsie se Grootuitdaagreeks het Saterdag op verrassende wyse op hul baadjie gekry.
Lees meerAlles vir Maandag 6 Junie 2016
GLRU-liga: Wits, Pirates sorg vir verrassings
Die Universiteit van die Witwatersrand en Pirates het Saterdag die tonge los gehad met verrassende seges in die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) se Pirates-grootuitdaagliga.
Polisie nooi oud-beamptes om terug te kom
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het Maandag gesê ʼn heraanstellingsproses is goedgekeur vir 2016/17.
R103 miljoen vir straat in Strand
Die stad Kaapstad het Maandag gesê meer as R100 miljoen is opsy gesit vir die opgradering van paaie in Strand in die Wes-Kaap.
Al hoe meer olifante in Kruger gestroop
SANParke het bekend gemaak dat olifantstropery besig is om in die Kruger-wildtuin toe te neem.
[Video] Meer Afrikaans op Wikipedia
Skooltake oor alles van geskiedenis tot biologie gaan eersdaags ‘n bietjie makliker wees vir Afrikaanse leerlinge.
Sanggroep se bus gesteel
ʼn Bekende sanggroep van Pretoria se voertuig is Maandag in Waverley, Pretoria gesteel.
Krugersdorp-moorde: Twee verskyn in hof
Twee mans, onderskeidelik 29 en 36 jaar oud, het Maandag vlugtig in die Krugersdorp-landdroshof verskyn in verband met die drie opspraakwekkende moorde wat die dorp die afgelope maand geruk het.
Die wêreld in foto’s – 6 Junie 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Terreurwaarskuwing: Engeland maan ook sy burgers
Brittanje het nou ook sy burgers gewaarsku teen moontlike terreuraanvalle in Suid-Afrika, kort nadat die Amerikaanse ambassade ʼn soortgelyke waarskuwing aan sy burgers in die land gerig het.
Polisie ondersoek bewerings van kinderontvoering
Die Wes-Kaapse polisie het bevestig gerugte van kinderontvoeringpogings word ondersoek nadat ʼn tienjarige meisie glo byna buite ʼn laerskool in dié provinsie ontvoer is.
Hawe vir die haweloses
Christo en die span mense spits hulle daarop toe om diegene wat alles in die lewe verloor het en dikwels in sak en as by Huis Hebron opdaag, weer terug in die gemeenskap te kry.
Goeie nuus vir ‘The Voice SA’-aanhangers
kykNET het Maandagoggend goeie nuus aangekondig vir laatslapers wat die eerste reeks van die gewilde Suid-Afrikaanse The Voice-sangkompetisie misgeloop het.
Ouers laat kinders glo alleen, gaan drink
ʼn Vrystaatse paar het Maandag in die Ladybrand-landdroshof verskyn nadat hulle oor die naweek albei hul kinders glo sonder toesig gelaat het om te gaan drink.
Nuwe KZN-premier pos 4 LUR’e
Willies Mchunu, KwaZulu-Natal se nuwe premier, het Maandag ʼn kabinetskommeling aangekondig met vier LUR’e wat die trekpas gekry het.
Kaapse laerskool verander van plan oor Afrikaans
ʼn Kaapse laerskool wat besluit het om vanaf 2017 sy taalbeleid van Afrikaans-Engels-parallelmedium na Engels-enkelmediumskool te omskep, het van plan verander.
[Foto’s] Betogers maak amok in Durban
ʼn Groep betogers het Maandagoggend die strate in die noorde van Durban ingevaar en verskeie paaie versper en voertuie aan die brand gesteek.
Luister: Afrikaanse dansmusiek is haar passie, sê ShoNeill
Die sangeres en liedjieskrywer ShoNeill was die eerste keer in kykNET se Afri-Visie-sangkompetisie te sien, maar dié kunstenaar het onlangs haar debuutalbum vrygestel en sê sy koester groot drome vir haar sangloopbaan.
Publiek gewaarsku teen belastingslenter
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (Said) het Maandag die publiek gewaarsku teen ʼn slenter waardeur belastingbetalers uit duisende rande bedrieg word.
Terreurwaarskuwing: SA departement verbreek stilswye
Suid-Afrika se departement van staatsveiligheid het Maandag sy stilswye verbreek ná ʼn waarskuwing van die Amerikaanse ambassade oor terreuraanvalle in die land.