Die lewe is te kort om vervelig en alledaags te wees! Suzelle DIY wys in haar jongste video hoe om gewone tekkies op verskeie maniere op te dollie dat jy kan uitblink in ʼn skare mense.
Alles vir Maandag 6 Junie 2016
Pa vas ná hy glo seun doodslaan
ʼn Pa van Bosbokrand in Mpumalanga is in hegtenis geneem nadat sy vrou Saterdag op hul seun se bebloede lyk in sy slaapkamer afgekom het.
Woord van die week: ginnegaap
Die Woord van die week is “ginnegaap”
Betoging woed in Limpopo; twee dood
ʼn Gewelddadige betoging het Maandag in Northam, Limpopo, ontstaan nadat ʼn mynwerker Sondag in die gebied doodgeskiet is.
Is Afrikaners op die regte pad?
Daar was ʼn tyd, lank gelede, toe Sondag as ʼn sabbat beskou is en spesifiek Christen-Afrikaners het die dag as heilig beskou. Baie “moenies” het op ʼn Sondag gegeld, soos dat kinders nie mag swem nie, nie met ʼn bal mag speel nie en voeg enigiets by wat die woord “speel” impliseer. Verder is daar op ʼn Sondag kerk toe gegaan en daarvoor moes “kerkklere” aangetrek word.
Amputasie wag nou op negejarige ná slangpik
“Sy is moeg, moedeloos en het baie seer.”
[Video] Amptelike lokprent van ‘My Father’s War’ vrygestel
Die amptelike lokprent vir die nuwe tweetalige fliek, My Father’s War, is die afgelope week vrygestel.
ToekomsVenster: Die woord het vlees geword en onder ons kom woon
Johannes 1 beskryf dit as “die woord het Vlees geword en onder ons kom woon.” Christus het homself verneder (afstand van Sy Koningskap gedoen) en mens geword (tussen mense kom woon).
Boek: Stokman
Die Stokman bly in hulle familieboom met sy vroutjie en hulle Stokkies … Maar op ’n dag word hy deur ’n hond weggedra! Stokman wil graag vir Kersfees met hulle herenig word.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 6 Junie 2016
Hier is Maroela Media se Top 20 vir die week.
Afrikaanse Skole: Ons moet ’n ark bou
Is Afrikaanse skole, te midde daarvan dat dit tans uiters goed gaan, terminaal siek? Dr. Danie Brink, uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand, neem die omstrede Gautengse skooltoelatingsbeleid onder die loep.
Luister: Hoe ons konflik moet hanteer
Saam kyk Ds. Deon van der Berg en Kliniese Sielkundige Erich Schoeman eers na hoe die fondasie moet lyk waaruit Bybelse emosionele intelligensie ’n werklikheid kan word in ons lewe. Spesifiek word gekyk na: Hoe raak dit my lewe? Waarna moet ek kyk?
Nasionale polisiekommissaris in onderonsie met rowers
Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Khomotso Phahlane, was Sondag in ʼn worsteling met twee gewapende rowers betrokke.
Nuuskommentaar: ‘Vertroude’ ANC al wat kan regeer – Zuma
Dit is te vroeg om veel betekenis te heg aan baie toeskouers se uitlopery die naweek by die ANC-verkiesingsmanifessaamtrek in Gauteng toe pres. Jacob Zuma aan die woord gekom het. Voorts het Zuma by dié geleenthede weer dinge kwytgeraak wat Suid-Afrika se stabiliteit onder druk plaas.
Resensie: ‘100 duisend perde’ – Touch of Class
Twee jaar gelede het Ronell egter besluit om haar uitsluitlik op Christelike musiek toe te spits en Ruhan du Toit het hom by Deon aangesluit. Hulle het groot sukses met “Dans in die reën”, met Lieb Bester in die hoofrol in die musiekvideo, behaal en dit was so gewild dat hul eerste album saam, Koffiefontein, heruitgereik is met “Dans in die reën” as titelsnit.
Vermiste Port St. Johns-vrou se liggaam gevind
Pamela Burns (68), wat Vrydagaand van haar huis in Port St. Johns verdwyn het, se liggaam is Sondag gevind.
Zuma: ‘ANC het plan om SA ekonomie te laat opvlam’
Die regering werk nou saam met vakbonde en sakelui om ʼn ommekeer in die sukkelende ekonomie te bewerkstellig, het pres. Jacob Zuma Sondag tydens die ANC se bekendstelling van sy verkiesingsmanifes in Mpumalanga gesê.
ANC ontken bewerings teen Lumka Yengeni
Jackson Mthembu, hoofsweep van die ANC, het mediaberigte dat Lumka Yengeni, ANC-LP en voorsitter van die portefeuljekomitee oor arbeid, strydig met arbeidswetgewing opgetree het ten sterkste ontken.
Gedagte vir die dag: Nie op eie insig nie
Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. (Spreuke 3:5–6)