Twee nuwelinge het na afhandeling van die opstellende ronde van die Valke-rugbyunie (VRU) se Peregrine-liga vir die bond se senior reeks in aanmerking gekom.
Lees meerAlles vir Dinsdag 7 Junie 2016
Laaste 9/11-reddingshond sterf
ʼn Hond wat deel was van die soek- en reddingspan ná die aanvalle op 11 September 2001 by die Wêreldhandelsentrum in New York, is Maandag dood.
[Video] Eienaars die probleem, nie honde nie
Eienaars van Amerikaanse veghonde sê hulle is keelvol vir die slegte reputasie wat dié honde dikwels het.
Terug in hof ná ‘bloedmonsters in mikrogolf’
ʼn Adjudant-offisier van die polisie, wat daarvan beskuldig word dat hy bloedmonsters in dronkbestuursake gekook het, het Dinsdag weer in die hof in Kaapstad verskyn.
Northam Platinum versoek werkers om terug te kom
Northam Platinum se Zondereinde-myn in Limpopo het Dinsdag werknemers versoek om terug te keer, nadat gemoedere bedaar het ná geweld tussen die onderskeie vakbonde.
Geen afleggings vir twee jaar by Telkom
Telkom het in ʼn ooreenkoms met vakbonde onder andere onderneem dat werknemers vir die volgende twee jaar nie aan afleggings blootgestel sal wees nie.
Opposisie pleit by Zuma oor Onteieningswet
Die Demokratiese Alliansie het pres. Jacob Zuma versoek om die omstrede Wetsontwerp oor onteiening weer terug te verwys na die parlement, aangesien die party se prokureurs daarop gewys het dat die wetsontwerp ongrondwetlik is.
Die wêreld in foto’s – 7 Junie 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Vrou vind verlore trouring
Skaars twee uur nadat Maroela Media berig het oor Benedet Thurling van Vereeniging wat haar trouring in die River Square-winkelsentrum verloor het, is haar ring, danksy ʼn op-en-wakker-leser, aan haar terugbesorg.
[Video] Hy laat hom nie deur slaggate onderkry
Slaggate is ‘n alledaagse verskynsel waaroor baie Suid-Afrikaners steen en been kla. Maar ‘n man van Potchefstroom het hom nie laat onderkry deur hierdie uitdaging nie.
Yengeni-dronkbestuursaak: ‘Ek het drie slukkies bier gehad’
Tony Yengeni, lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, het Dinsdag in die Kaapstadse landdroshof ontken dat hy dronk was toe hy in Augustus 2013 in Groenpunt in hegtenis geneem is.
Die FAK – ‘n Organisasie met baie meer as net ‘n sangbundel
Die ontstaan van die FAK in 1929 was ’n direkte uitvloeisel van die Afrikaner wat ’n dringende behoefte aan hoop gehad het. Toe die taal nog maar ’n saadjie was, het die behoefte aan bestaansreg reeds bestaan, ’n tuiste waar Afrikaners hul kulturele roeping kon uitleef en hul taal en kultuur kon bevorder.
NWU-studente moes glo hoofbedekkings verwyder voor eksamen
Die Noordwes-Universiteit (NWU) het gesê hy is bewus van twee onlangse voorvalle waar twee studente glo versoek is om geloofsverwante hoofbedekkings te verwyder voordat hulle eksamen kon skryf.
BBRU-liga: Carltonreeks A kry nuwe voorloper
Die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Carltonliga A het `n nuwe voorloper na Saterdag se reeks wedstryde.
Só lyk ‘Twee grade van moord’
Die amptelike lokprent van die nuwe Afrikaanse fliek Twee grade van moord is Maandag bekendgestel.
Turkye kap Duitsland oor Herero-volkslagting
Duitsland moet voordat hy vinger wys na Turkye sy eie volksmoorde verwerk.
Zapiro een van die 10 beste spotprentkunstenaars
Die Suid-Afrikaanse spotprentkunstenaar Zapiro is onlangs deur die Amerikaanse webwerf Top Teny aangewys as die tweede beste spotprentkunstenaar ter wêreld.
Polisie op soek na ‘skelm’ buffel-verkoper
Die Limpopo-polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om te help met die opspoor van ʼn man wat die polisie kan bystaan met verskeie bedrogsake wat verband hou met kamma buffel-verkope.
Vier vas vir polisiemoorde
Vier verdagtes is in twee afsonderlike voorvalle in hegtenis geneem in verband met die moord op twee polisiebeamptes van Kaapstad.
Nuwe sigaretwet sal rokers nie noodwendig afskrik nie
’n Nuwe studie het bevind die Suid-Afrikaanse regering se voorgestelde instelling, dat geen handelsmerke op tabakverpakking sigbaar mag wees nie, alleen nie genoeg is om die verbruik van tabakprodukte te verminder nie. Dit kan boonop ook ’n beduidende invloed op wetstoepassing en belasting hê.