ʼn Student van ʼn kollege in Mpumalanga, wat sedert Sondag vermis was, se verbrande liggaam is Maandag by ʼn vullisstortingsterrein gevind.
Alles vir Dinsdag 7 Junie 2016
Vrou span Facebook in om verlore trouring te vind
Benedet Thurling van Vereeniging in Gauteng het haar tot sosiale media gewend om haar verlore trouring op te spoor wat sy by die River Square-winkelsentrum in dié dorp verlê het.
[Resep] Boerekerrie
ʼn Bietjie kerrie sal die gestel mos goeddoen, of hoe?
Disleksie: Lê die kognitiewe boustene vas
ʼn Dislektiese persoon of swak leser sal geneig wees om meer dikwels te pouseer vir fiksasies, en die duur van elke fiksasie is gewoonlik ook langer as by die normale leser. Die dislektiese persoon is ook geneig tot meer regressies as ander lesers.
Uitdrukking: Dis neusie verby
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking “dis neusie verby”.
Boek van die maand (resensie): ‘Tussen die klippe’ deur Hans du Plessis
Du Plessis slaag daarin om die boek deurgaans ʼn ligte trant te laat behou, maar dwing die leser om introspeksie te hou oor ons eie vooroordele, liefdeloosheid en geneigdheid om eerder die slegte te glo as om die waarheid te probeer uitvind. Lees Ilse Salzwedel se resensie oor Hans du Plessis se boek, “Tussen die klippe”
Man tydens ‘padwoedevoorval’ geskiet
ʼn Man is Maandagaand tydens ʼn beweerde padwoedevoorval in Durban-Noord geskiet.
Nostalgie en die Swart Kewer
In sekere omstandighede kan gesonde nostalgie en sentimentaliteit wel waarde toevoeg tot ʼn individu se huidige ervaringswêreld en funksionering, en die eerste voertuie van eienaars speel waarskynlik ʼn belangrike rol as stimulus in hierdie verband.
ToekomsVenster: Maak versoening moontlik
Omdat ons iets van die “godheid” in ons het, kan ons verhoudings ook beskryf as ’n mistiese of geheimsinnige handeling wat gebeur wanneer een mens na ’n ander mens uitreik om te help. Jy sal saamstem dat daar partykeer iets tasbaars moois is as mense mekaar help, of dit by die sportveld, hospitaal of kerk is.
Boek: Vloeibare middelpunt
Vloeibare middelpunt is Martjie Bosman se derde digbundel.
[Video] Kyk agter jou!
As daar een ding is wat dié video jou leer, dan is dit om nooit jou rug op ʼn wilde dier te keer nie.
Nuuskommentaar: Sonder saamstaan met Afrikaans gaan dit lol
Kan al die rolspelers wat hulle op die een of ander wyse vir die behoud en uitbou van Afrikaans beywer, genoegsame konsensus koester om die taal, en die gepaardgaande grondwetlike regte, te bestendig? Die taal kan nie bekostig dat saamstaanprojekte soos paddastoele word wat oornag opskiet, en ’n dag of wat later in die son verwelk nie.
‘Die ander konsert’ op Vrystaat Kunstefees te sien
Die musiekproduksie Die ander konsert is weer vanjaar van 11 tot 16 Julie op die jaarlikse Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein te sien.
Clinton reeds genoeg steun vir Demokrate-benoeming
Hillary Clinton (68) het genoeg steun van afgevaardigdes om as die Demokrate se presidensiële kandidaat aangewys te word.
Grondhervorming: ‘Boere se lewens nou slegter as vantevore’
Die African Farmers Association of South Africa (Afasa) het Maandag sy ontevredenheid uitgespreek omdat die organisasie meen boere wat plase deur die regering se grondhervormingsproses ontvang het, nou slegter af is as vantevore.
Afrikaanse sanger word pa: ‘Sy’s elke traan werd’
“Ons het ʼn lang pad gestap om haar te ontmoet, en dit was elke tree en elke traan werd,” het hy bygevoeg.
‘Rower’ sterf ná bylaanval by Randfontein-huis
ʼn Vermeende rower is dood nadat ʼn inwoner van Randfontein hom Dinsdag in die vroeë oggendure tydens ʼn huisroof met ʼn byl verdedig het.
Verdagtes vas oomblikke ná Warden-plaasaanval
Vier verdagtes is Maandag binne ʼn halfuur vasgetrek ná ʼn aanval op ʼn plaas buite Warden in die Vrystaat.
Northam-geweld: Mynbedrywighede opgeskort
Bedrywighede by Northam Platinum Limited se Zondereinde-myn in Northam, Limpopo, is Maandag opgeskort weens die geweld tussen die onderskeie vakbonde.
Panayiotou-borgtogaansoek: ‘Geen nuwe feite voor hof’
Die staat het Maandag tydens die moordbeskuldigde Christopher Panayiotou se mees onlangse borgtogaansoek in die Port Elizabeth-landdroshof aangevoer dat Panayiotou se verdediging weereens net ou feite herhaal en nog niks nuuts aan die hof voorgelê het nie.