Geeneen van die agt SA nie-franchise-bonde in die opstellende ronde van die Curriebekerreeks kan op hierdie stadium buite rekening gelaat word nie en die stryd in die pylvak gaan elke greintjie krag uit die deelnemers tap.
Lees meerAlles vir Sondag 12 Junie 2016
Minstens 50 dood ná Orlando-skietery
Minstens 50 mense is dood en 53 beseer ná ʼn skieter vroeg Sondagoggend by ʼn nagklub in Orlando, Florida, losgebrand het.
[Video] Goue gonser vir dié ukelele-spelertjie
Die 12-jarige Grace van der Waal het dié week gewys wonderwerke kan definitief gebeur.
Kwalata-grondbesetters plak moontlik vanaand
Vermeende grondbesetters naby die Kwalata Lodge in die Dinokeng-wildsreservaat noord van Pretoria, gaan moontlik vanaand huise oprig in dié reservaat.
Nog sneeu word verwag
Nog sneeu word vanaand in die noorde van Lesotho, in die omgewing van die Afriski-oord, verwag.
Zikavirus ‘nie ʼn bedreiging’ vir Olimpiese Spele
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het, in samewerking met die ministerie van buitelandse sake van Brasilië, vrese dat die Zika-virus die Olimpiese Spele in Rio in Augustus kan beïnvloed, weerlê.
Massaskietery by nagklub in Orlando
Volgens plaaslike berigte is meer as 25 persone geskiet en verskeie gyselaar geneem ná gewapende mans by ʼn gay nagklub in Orlando, Florida, losgebrand het.
Molewa stuur bemiddelaar na Kanada vir SA-brandbestryders
Die minister van omgewingsake het ʼn bemiddelaar van Working on Fire na Kanada gestuur om die dispuut op te los tussen die maatskappy se bestuur en 301 Suid-Afrikaanse brandbestryders wat ontplooi is vir hulp met veldbrande in Alberta.
28 beseer in Durban-busongeluk
Minstens 28 persone is beseer tydens ʼn busongeluk Sondagoggend op die N2 naby die NPC-sementfabriek in Durban.
Gewapende roof by Shoprite: Nog drie vas
Nog drie persone is in hegtenis geneem in verband met ʼn gewapende roof by Shoprite in Randfontein, Gauteng.
Zuma betuig meegevoel ná Kaapstad-huisbrand
Sewe persone, waaronder vyf kinders, is dood ná ʼn brand Saterdagoggend by ʼn huis in Mitchells Plain, Kaapstad, uitgebreek het.
Verdagte vas oor R15 miljoen dwelms by Durban-hawe
ʼn 37-jarige man is in Aucklandpark, Johannesburg, in hegtenis geneem in verband met dwelmmiddels ter waarde van ongeveer R15 miljoen wat Dinsdag by die hawe in Durban gevind is.
Gedagte vir die dag: Getrou aan Jesus
‘Elkeen wat hom voor die mense openlik vir My uitspreek, vir hom sal Ek My ook openlik uitspreek voor my Vader wat in die hemel is. Maar hom wat My voor die mense verloën, sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemel is.’ (Matteus 10:32–33)