Hy wil net musiek maak waarna mense luister, sê die sanger Elvis Blue, en is elke dag steeds “nederig dankbaar” wanneer mense sy musiek ondersteun.
Alles vir Maandag 13 Junie 2016
Cajun, ons boeremusiek
Cajun-musiek word talle male vergelyk met Suid-Afrika se boeremusiek. Maar wat is Cajun-musiek? Cajun-musiek is afkomstig van Louisiana in die VSA in die dertigerjare en het sy ontstaan te danke aan Franssprekende Kanadese. Hierdie genre is ook sinoniem met Zydeco-musiek.
Allister, gebruik die lesse van 1994
Gemeet aan huidige spelpeil, is JP Pietersen beter as Ruan Combrinck? Nee.
Oscar Pistorius ‘sal nie kan getuig’, sê kenner
“Sy toestand is te ernstig. Ek dink nie hy sal kan getuig nie. Hy behoort gehospitaliseer te word.”
Tuisgenoot-projek: ‘Vir ons vergete bejaardes’
“Talle senior burgers word vergete agtergelaat en is uitgelewer om na hulself om te sien.”
Pa gesoek ná babaseuntjie sterf
Marthinus Pelser, ʼn pa van Johannesburg, het spoorloos verdwyn nadat sy ses maande oue babaseuntjie Saterdagaand dood in sy wiegie aangetref is.
Kunstenaar van die week: Juanita du Plessis
Haar jongste album, Toe staan die wêreld stil, het vinnig platinumstatus verkry en weer eens bewys waarom sy Suid-Afrika se popkoningin is. Sy is ’n vrou met sterk Christelike waardes, gesinsvrou en ma vir haar drie kinders, Ruan, Mario en Franja.
Woord van die week: witbroodjie
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord “witbroodjie” wat gebruik word wanneer iemand, veral ‘n kind, vertroetel en verwen word.
ToekomsVenster: Gemeenskap van gelowiges
Die gemeenskap ontvang saam die Gees. Dit beteken dat die enkel gelowige versigtig moet wees om alleen aanspraak daarop te maak dat die Gees net met hom / haar gepraat het. Die Gees is aan die gemeente gegee en daarom moet die individu ook bevestiging in die gemeenskap van gelowiges kry oor wat hy / sy glo van die Heilige Gees af kom.
‘The Voice’-deelnemers sing volkslied by rugbytoernooie
Vier van die deelnemers van die gewilde The Voice-sangkompetisie gaan eersdaags op die rugbyveld pronk om die volkslied te sing vir die rugbytoernooie tussen die Springbokke en Ierland.
[Resep] Minestronesop
Dit klink soos ʼn lekker resep om die gestel so ʼn bietjie op te bou.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 13 Junie 2016
Hier is Maroela Media se Top 20 vir die week.
Elektrisiteit: Betaal jy te veel vir jou koopkrag?
Huurders van deeltitel-eenhede in sekuriteitskomplekse en sakelui wat ruimte in kantoorblokke huur, se kragrekenings word dikwels deur herverkopers van elektrisiteit oorverhaal, sonder dat hulle daarvan bewus is, of weet wat om daaraan te doen.
Orlando-massaskietery was ‘terreurdaad’
Pres. Barack Obama het die massaskietery by ʼn Florida-nagklub waarin minstens 50 mense dood en 53 beseer is as ʼn “terreurdaad” en ʼn “haatmisdaad” beskryf.
Luister: Jou denke beïnvloed jou emosie
Saam kyk Ds. Deon van der Berg en Kliniese Sielkundige Erich Schoeman na ’n baie interessante formule wat luisteraars sal help om Bybelse emosionele intelligensie ’n werklikheid te maak in hul daaglikse lewe. Veral word gekyk na jou denke omdat jou denke jou emosie beïnvloed (Denke + emosie = gedrag).
Oscar-verhoor: Straat buite hof afgesper
Talle joernaliste, fotograwe en uitsendingsbussies het Maandag reeds vanaf 05:00 die straat voor die Pretoriase hooggeregshof afgesper in afwagting op die moordveroordeelde Oscar Pistorius se voorvonnisverhoor.
[Video] Ondersoek ná twee uit vangwa ontsnap
Die KwaZulu-Natalse polisie ondersoek ʼn voorval waarin twee verdagtes wat vir die besit van gevaarlike wapens in hegtenis geneem is, onder toejuiging uit ʼn polisievangwa ontsnap het.
Nuuskommentaar: Terreur geen speelmaat om waarskuwings te ignoreer
Groot verdeeldheid heers nog oor hoe ’n groot bedreiging die Islamitiese Staat (Isis) vir Suid-Afrika inhou. Suid-Afrika kan egter nie bekostig om waarskuwings oor beplande terreur ligtelik op te neem nie.
Pecanwood-moord: Seun in hof
ʼn 28-jarige man wat daarvan verdink word dat hy sy ma vermoor het, is formeel van moord aangekla en verskyn Maandag in die landdroshof in Brits, Noordwes.
OB se Gupta-ondersoek moet ook Eskom-kontrakte insluit
Suid-Afrika kan nie bekostig dat die Gupta-familie die Suid-Afrikaanse regering gebruik om hul eie sakebelange te bevorder nie, het die DA gesê.