Pretoria Polisie het Woensdag eenvoudig te veel vuurkrag vir Harlequins gehad toe die twee spanne in die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Carltonliga A kragte gemeet het.
Lees meerAlles vir Vrydag 17 Junie 2016
Nuwe Puma speel dalk Saterdag nog vir WP
Een van drie nuwe aanwinste wat die Pumas pas aangekondig het, is deur die Westelike Provinsie op die bank gekies vir sy wedstryd Saterdag teen die Griffons in Kaapstad.
Pecanwood-moord: Seun het glo dwelmprobleem
Die seun van die voormalige TV-aanbieder Hope Zinde (50), wie se liggaam Saterdag in die kattebak van haar motor gevind is, was glo op die punt om na ʼn dwelmrehabilitasiesentrum te gaan voor hy in hegtenis geneem is.
Tien beseer toe trein teen sleepwa bots
Minstens tien mense is beseer nadat ʼn trein in Pinetown, Durban, Vrydagmiddag teen ʼn vragmotorsleepwa gebots het.
Grusame toneel op Vrystaat-varkplaas gevind
Inspekteurs van die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het onlangs op ʼn grusame toneel afgekom toe hulle ʼn varkplaas buite Brandfort in die Vrystaat besoek het.
Buurman skiet ‘rower’
ʼn Vermeende rower is Vrydag in die vroeë oggendure in die been gewond nadat hy glo by ʼn huis in Walmer in Port Elizabeth ingebreek het.
WP-liga: Boksprong kry Durbell oor hoë hekkie
`n Mens kan as ‘t ware sê Durbanville-Bellville is met `n Boksprong oor sy hoogste hekkie dusver hierdie seisoen in die Westelike Provinsie se Superliga A.
Stropers skiet wag, toe renoster
ʼn Veiligheidswag is dood nadat hy Donderdagnag op ʼn plaas buite Bela-Bela in Limpopo geskiet is oomblikke voordat ʼn renoster op die plaas gestroop is.
Jhb-baba-moordsaak: Pa in hof
Marthinus Pelser, die Johannesburgse pa wat in hegtenis geneem is nadat sy babaseuntjie Saterdagaand dood in sy wiegie aangetref is, het Vrydag in die Roodepoort-landdroshof op ʼn aanklag van moord verskyn.
Die wêreld in foto’s – 17 Junie 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Só besluit media oor Reeva-foto’s
Mediahuise oor die wêreld is die afgelope twee dae voor die besluit te staan gebring om foto’s van Reeva Steenkamp se moordtoneel te plaas al dan nie.
Redakteursbrief: Reeva-foto’s – Só het Maroela besluit
Maroela Media gaan nie die foto’s van Reeva Steenkamp se moordtoneel wat aan die publiek en media beskikbaar gestel is, plaas nie.
Regstappe oor Afrikaans by UV
Die saak van die burgerregte-organisasie AfriForum, AfriForum Jeug en Solidariteit teen die 2017-taalbeleid van die Universiteit van die Vrystaat (UV) sal Maandag in die Bloemfonteinse hooggeregshof aangehoor word.
[Video] Sanger stort ineen by konsert
Die 68-jarige sanger het Donderdagaand tydens ʼn vertoning in Alberta, Kanada, ineengestort terwyl hy sy treffer “I’d Do Anything For Love” gesing het.
‘Vier volmaakte vingers’ vir Mikayla
Skaars ʼn week nadat Mikayla Robbertse (9) ʼn wigamputasie in die Steve Biko-hospitaal in Pretoria ondergaan het, is sy slaggereed om die wêreld met albei hande aan te pak en nou wil sy begin musiek maak.
Parys-boere: Intimidasie-klag teruggetrek
ʼn Aanklag van intimidasie teen Boeta van der Westhuizen, een van die beskuldigdes in die opspraakwekkende Parys-moordsaak, is Vrydag in die plaaslike landdroshof teruggetrek.
Soektog na vermiste tiener eindig tragies
Die liggaam van ʼn tienermeisie van Port Elizabeth is Vrydagoggend gevind in dieselfde omgewing naby haar ouerhuis waar sy Dinsdagoggend vir die laaste keer lewend gesien is.
[Foto’s] Trok vat vlam by vulstasie
ʼn Vragmotor het Vrydagoggend by ʼn vulstasie langs die N3 buite Harrismith aan die brand geslaan.
Limpopo-paartjie dood in huis gevind
ʼn Paartjie van Bela-Bela in Limpopo is Saterdag dood in hul huis op die dorp aangetref.
Tiener pak pretloop in rolstoel ná glykabel-val
Vyf maande nadat Carmen Botha (14) sowat 15 meter ver van ʼn glykabel geval en daardeur verlam gelaat is, het sy Donderdag met rolstoel en al aan ʼn pretloop in Centurion deelgeneem.