Drie spanne se aanspraak op `n plek om die reeks om die Curriebeker is verswak deur die nederlae wat hulle die afgelope naweek in die opstelronde gely het.
Lees meerAlles vir Saterdag 18 Junie 2016
Polisiebeamptes verras outistiese seun
Daniel Nicastro se ma, Carolyn, het ʼn uitnodiging vir die partytjie na die plaaslike polisiestasie gestuur nadat niemand geantwoord het op die partytjie-uitnodigings wat sy vroeër uitgestuur het nie.
Vrou weer nie in hof oor ‘vliegkaartjie-slenter’
ʼn Vrou wat glo betrokke was by ʼn aanlyn-slenter om vals vliegkaartjies aan mense te verkoop, het Vrydag vir ʼn tweede keer nie by die hof opgedaag nie omdat sy glo in ʼn rehabilitasiesentrum is.
Man se moord regstreeks op Facebook uitgesaai
ʼn Amerikaanse man van Chicago, Illinois, het Woensdag onwetend regstreeks sy eie moord op sosiale media uitgesaai.
Man brand erg toe motor vlamvat
ʼn Man het Saterdag in die vroeë oggendure ernstige brandwonde opgedoen nadat hy glo in ʼn brandende motor vasgekeer is.
Seun (7) verdrink in steengroef
ʼn Sewejarige seun het Saterdagmiddag verdrink nadat hy glo saam met ʼn vriend in ʼn steengroef in die Waterloo-gebied, naby Verulam in KwaZulu-Natal, geswem het.
Tien ontsnap uit Rustenburg-tronk
Die polisie is steeds op soek na tien verhoorafwagtende gevangenes wat Vrydagoggend uit die Mogwase-korrektiewe sentrum in Rustenburg, Noordwes, ontsnap het.
Polisieman tydens winkelroof doodgeskiet
ʼn Polisiekonstabel is Vrydagaand tydens ʼn rooftog by ʼn kruidenierswinkel in Cala, naby Queenstown in die Oos-Kaap, doodgeskiet.
Egpaar op Vrystaat-plaas aangerand
ʼn Egpaar is Saterdag in die vroeë oggendure deur twee aanvallers oorval en aangerand op hul plaas in die Verkykerskop-gebied in die Vrystaat.
Byna helfte stem vir ANC, wys peiling
In ʼn onlangse peiling onder potensiële kiesers in Suid-Afrika, het 71% van die respondente aangedui hulle beplan om op 3 Augustus 2016 in die munisipale verkiesing te stem.
Witrivier-vrou steeds gesoek: ‘Ons moet bly glo’
“Ons moet vasstaan en ons moet bly glo. Dit help nie ons gaan sit op ʼn hopie en verloor moed nie. Ek moet sterk wees vir my vrou, my gesin en die res van ons familie se onthalwe.”
Reën ontwrig Amerikaanse Ope
Die gevolge van die reën wat Donderdag die eerste ronde van die Amerikaanse Ope by die Oakmont-buiteklub net buite Pittsburgh ontwrig het, is Vrydag steeds gevoel.
[Video] Ondersoek kom oor ‘rassistiese uitsprake’ na rooftog
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) sal ʼn voorval ondersoek waartydens ʼn vrou Johannesburgse polisiebeamptes glo die k-woord toegesnou het.
Sakeman voor onderneming doodgeskiet
ʼn Sakeman is dood nadat rowers hom Vrydagmiddag voor sy onderneming in Durban geskiet het.
Mamelodi-inwoners woedend oor ANC-raadslede
ANC-ondersteuners in Mamelodi, oos van Pretoria, het Vrydag paaie met vullis en brandende bande afgesper in protes teen die party se keuse van raadslede.
Gedagte vir die dag: Woorde wat seermaak
Ons struikel almal in baie opsigte. As iemand nooit struikel in wat hy sê nie, is hy volmaak, by magte om ook sy hele liggaam in toom te hou. (Jakobus 3:2)