My vriend was nog besig om te vertel toe ek onthou van ʼn droom wat ʼn ou gehad het: ʼn nagmerrie oor Jesus.
Alles vir Maandag 20 Junie 2016
Luister: Konflik kan positief wees as dit reg bestuur word
Ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare gesels in hierdie uitsending weer met die Kliniese Sielkundige Erich Schoeman oor Bybelse emosionele intelligensie. Omdat konflik en konflikhantering so deel van almal se lewe is omdat mense van mekaar verskil, word daar saam gekyk na hoe Bybelse emosionele intelligensie ons spesifiek in konflik of potensiële konfliksituasies kan help.
Pretoria kry nuwe burgemeester
Die ANC het Maandag die naam van sy burgemeesterskandidaat vir Pretoria bekend gemaak in aanloop tot die munisipale verkiesing op 3 Augustus.
[Resep] Juffrou Iris se beskuit
Juffrou Iris klink soos ʼn veelsydige juffrou…
Vermiste Malelane-man dood gevind
Wouter Vosloo (50), die man wat op 10 Junie spoorloos verdwyn het in Malelane in Mpumalanga, se liggaam is Maandagoggend gevind.
Kuier saam met digters in McGregor
Die Gedigte in McGregor-fees, wat vanjaar vir die tweede keer aangebied word, vind van 26 tot 28 Augustus op dié Wes-Kaapse dorpie plaas.
Pedofiel op 180 aanklagte gevonnis
“Die beskuldigde het sy slagoffers versoek om kaalfoto’s van hulself te neem en dit aan hom te stuur. Hy het by drie geleenthede drie van die minderjarige slagoffers na sy huis gelok waar hy hulle verkrag het.”
Maroela Media Afrikaanse Top-20: 20 Junie 2016
Hier is Maroela Media se Top 20 vir die week.
Fort Klapperkop: Nog ʼn aanval, deurbraak gemaak
Daar is moontlik ʼn deurbraak gemaak in die stryd teen ʼn vlaag aanvalle die afgelope tyd by Fort Klapperkop in Pretoria.
ToekomsVenster: Ons plek van aanbidding
Die gelowiges wat saam met jou aanbid – knoop met hulle ’n gesprek aan oor wat hulle dink van die gemeente. Dink hulle daar word te veel aandag gegee aan geboue? Ons is tog na alles gestuurdes in die wêreld. Het ons geboue nodig?
Wildtuin-veldwagters vas vir stropery
Twee veldwagters van die Krugerwildtuin is op aanklag van renosterstropery in hegtenis geneem.
Nóg mans vas vir leeudele
Nóg drie mans is in Limpopo in hegtenis geneem nadat die liggaamsdele van ʼn wit leeu in hul besit gevind is.
Omstredenheid, maar Johnson wen Ope op ʼn drafstap
ʼn Omstrede beslissing van die Amerikaanse Ope se organiseerders het tot kwaai kritiek van spelers gelei en gedreig om die aandag van Dustin Johnson se puik oorwinning en eerste Ope-titel af te trek.
Nuuskommentaar: RSG se ‘Kommentaar’ dalk gesink: Wat van doen dit self?
Terwyl die valbyl skynbaar as deel van die SAUK se sensuurbeleid oor RSG se gewilde program Kommentaar hang, maak moderne tegnologie dit moontlik om ’n plaasvervangende, en selfs verbeterde program, deur alternatiewe media na luisteraars landwyd te bring. Is dit nie wat Afrikaanssprekendes verdien nie – ’n aktualiteitsprogram wat sonder vrees politiek onverbonde kan wees?
Wenke oor kinders se TV-kyk
TV-kyk is ʼn fundamentele deel van baie kinders se lewe; baie kinders doen byna niks anders nie en is elke dag ure lank voor die TV. Voeg nog hierby die aantal ure wat hulle na DVD’s kyk, met rekenaars doenig is en video-speletjies speel, en die blootstelling aan elektronika hoop op. Is dit skadelik of is dit ʼn skadelose tydverdryf?
Witrivier-vrou dood gevind: Nog ʼn verdagte vas
ʼn Tweede verdagte is in hegtenis geneem nadat Annatjie Myburgh (58) se liggaam Sondag in die vroeë oggendure gevind is.
Oscar-onderhoud dan op SA-TV
Die heel eerste televisieonderhoud met Oscar Pistorius sal dieselfde dag as wat dit in Brittanje uitgesaai word ook op Suid-Afrikaanse televisie te sien wees.
Baba in asblik gevind
ʼn Pasgebore baba is Sondagaand in ʼn asblik in Vanderbijlpark gevind.
Gedagte vir die dag: Jou passie
Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle nie koud is nie, en ook nie warm nie. As julle tog maar koud of warm was! Maar nou, omdat julle lou is, nie warm nie en ook nie koud nie, gaan Ek julle uit my mond uitspoeg. (Openbaring 3:15)