“Prys die Here alleen wat lewe gee!” het die sanger op Facebook geskryf.
Alles vir Dinsdag 21 Junie 2016
Man vas na hy ‘Trump wou vermoor’
ʼn 20-jarige Brit, wat onlangs na die VSA verhuis het, is in Las Vegas in hegtenis geneem en het glo aan die polisie erken hy wou Donald Trump vermoor.
Boek: Die groot drie – ‘n eeu van spotprente in Die Burger
In die eerste honderd jaar van Die Burger se bestaan het net drie kunstenaars, D.C. Boonzaier, T.O. Honiball en Fred Mouton, diens gedoen as spotprenttekenaars. François Verster bied in dié boek ‘n onderhoudende historiese oorsig van die bydrae wat hulle gelewer het.
Drawwers spring weg om ‘die son te wen’
Asics se Beat the Sun-veldwedloop het al vroeg vanoggend afgeskop en topatlete en amateurdrawwers, onder wie ses Suid-Afrikaners, het 15 uur, 41 minute en 35 sekondes om die wedloop te voltooi voor die son ondergaan.
Die ANC kan nie die werklikheid in 2016 sensor
Die ANC en SAUK vind nou uit dat demokrasie onvermydelik met hoë eise en ongemaklike werklikhede gepaardgaan.
Uitdrukking: ʼn Kaart in die mou hê
Taaltoffie ondersoek die uitdrukking, “‘n kaart in die mou hê”
‘Het Zuma darem iéts goeds gedoen?’
En daar stáán ek. Ek dink en dink. Ek probeer regtig dink aan iets, enigiets, wat Zuma sedert sy bewindsoorname in 2009 gedoen het wat ’n mens positief kan beoordeel.
Nog seksklagtes kom dalk teen ‘Rhodes-verkragter’
Die man wat na bewering drie studente van die Universiteit Kaapstad (UK) verkrag het, sal vermoedelik op nog bykomende aanklagte van verkragting teregstaan.
Hy draf sodat ander kan Bybel lees
Hy wou net vir ʼn slag van die sofa af opstaan, vertel Douw Prinsloo van Gauteng, maar het intussen meer as R17 000 vir die Bybelgenootskap van Suid-Afrika ingesamel deur padwedlope te voltooi vir dié organisasie.
Valke ontken korrupsieklagte teen 3 ministers
Lt.genl. Berning Ntlemeza, hoof van die Valke, het uitgevaar teen berigte dat daar strafregtelike aanklagte teen drie ministers en die Gupta-familie aanhangig gemaak is.
Nuuskommentaar: Mag ons maar die bont hond in raak?
Die rubriekskrywer, Max du Preez, meen “ons” het rede om oor talle owerheidsvergrype meer gereeld vreeslik kwaad te word en dit duidelik te maak. Maar…
Talle gewilde SAUK-programme bly in die slag
Die SAUK het Maandag aangekondig dat talle gewilde Amerikaanse programme soos Days of our Lives en Survivor vanaf Julie op die openbare uitsaaier se kanale gestaak gaan word.
[Resep] Lamsvleis-kofta-sosaties met suurlemoen-en-knoffelsous
ʼn Heerlike resep vir ʼn kuier-aand!
ToekomsVenster: Hier kan ons begin
Jy is nou ’n gestuurde; jou hart klop om weg te spring en te kyk waar die Here klaar besig is. Saam met ander gelowiges sien julle die lig skyn (Julle het met die gawe van onderskeiding tot die besef gekom waar God nou besig is) en nou wonder julle hoe gaan julle nou suurdeeg wees op daardie plekke.
Pta-man in Limpopo vermis
ʼn Beloning van R50 000 is uitgeloof om Gerrie Kachelhoffer (41), ʼn toesighouer en pa van twee dogters van Pretoria, te probeer opspoor.
Pretoria-betogings: Spesiale sentrum op die been gebring
Alle polisielede in die stad, asook dié wat van diens af is, is ontplooi in Arcadia, Mamelodi, Soshanguve, Atteridgeville en in die weste van Pretoria. Lede van die SAPD-hoofkantoor is ook ontplooi om met die polisiëring te help.
[Foto’s] Talle busse in Pretoria gebrand; paaie afgesper
Talle busse is glo Maandagaand aan die brand gesteek tydens gewelddadige betogings na aanleiding van die ANC se nuwe burgemeesterskandidaat vir Tshwane.
Man vas wat glo meisies op plaas verkrag
ʼn 43-jarige man wat na bewering twee meisies op ʼn plaas in die Alexandria-gebied in die Oos-Kaap verkrag het, het Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.
‘Bendelid’ deur Limpopo-inwoners doodgebrand
Die vermeende bendelid is die derde misdaadverdagte wat deur inwoners in die Vhembe-distrik doodgemaak is sedert Januarie.
Gedagte vir die dag: Die goeie stryd
Maar jy, man van God, moet van hierdie dinge af wegvlug. Streef na opregtheid, toewyding aan God, geloof, liefde, volharding, minsaamheid. (1 Timoteus 6:11)