Wat “vertel” die “rookseine” wat uit die hoofstad opgaan? Daar is nog vele onduidelikhede oor waarom die ANC juis vir Thoko Didiza as burgemeesterskandidaat “per valskerm” ingestuur het, veral nadat dit vooraf uitgelek het en dit toe reeds duidelik was dit sou moeilikheid afgee. En hoe ʼn groot rol speel die feit dat Thoko ʼn Zoeloe is en dat pres. Jacob Zuma volgens onder meer die DA, die dryfkrag is agter haar ontplooiing?
Alles vir Woensdag 22 Junie 2016
Vermiste Pta-man gevind
Gerrie Kachelhoffer (41), die man van Pretoria wat Maandagmiddag in Limpopo verdwyn het, word in die waakeenheid van ʼn hospitaal in Polokwane (Pietersburg) behandel, nadat hy Dinsdagaand bewusteloos en bedwelm gevind is.
Vier vas oomblikke nadat winkel beroof word
Vier gewapende verdagtes is Dinsdag buite Viljoenskroon in die Vrystaat vasgetrek, oomblikke nadat hulle glo ʼn klerewinkel op die dorp beroof het.
[Resep] Coq au vin
Nooi ons gerus as jy dié resep toets…
Mabopane-Oos in donkerte gehul terwyl Pretoria-onluste voortduur
Eskom het Dinsdagaand gesê ongeveer 25 000 gebruikers word geraak deur ʼn transformator by ʼn substasie in Mabopane-Oos, wat omstreeks 18:00 afgeskakel het en het dié informele nedersetting in Pretoria in donkerte gehul.
AU sukkel om volwaardige opvolger vir Dlamini-Zuma te kry
Afrikalande sukkel om ʼn volwaardige opvolger te kry ná Suid-Afrika se Nkosazana Dlamini-Zuma as die Afrika-unie se voorsitter voor volgende maand se AU-beraad in Kigali, Rwanda.
S&P bevestig Transnet se kredietwaardigheid
Die internasionale kredietgraderingsagentskap Standard and Poor’s (S&P) het Dinsdag sy gradering vir die Suid-Afrikaanse regering se vragvervoer- en logistieke maatskappy, Transnet, bevestig en gesê die maatskappy is ʼn voorkeurbelegging.
Gedagte vir die dag: Volhard
Omdat julle aan die boodskap van my volharding in lyding vasgehou het, sal Ek julle ook vashou in die tyd van beproewing wat oor die hele wêreld gaan kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel. Ek kom gou. Hou vas wat julle het, sodat niemand julle kroon wegvat nie. (Openbaring 3:10–11)