Drie senior SAUK-joernaliste het ʼn sterk bewoorde brief aan Hlaudi Motsoeneng, bedryfshoof van die SAUK, geskryf waarin hulle duidelikheid versoek rakende “redaksionele beleid” en hul kommer uitspreek oor die “onregverdige skorsings”.
Alles vir Maandag 27 Junie 2016
Dié kortflieks draai vanjaar op die Silwerskermfees
Die Silwerskermfees, wat vanjaar vir die sesde keer aangebied word, gee dié jaar weer vir 15 aspirant-rolprentmakers en -draaiboekskrywers die geleentheid om hul storie op die grootskerm te vertoon.
‘Kaper’ sterf in skietery met polisie
ʼn Vermeende kaper is Sondag in ʼn skietery met die polisie in KwaZulu-Natal doodgeskiet en twee mense is in hegtenis geneem.
[Resep] Aarbeibroskoek-toebroodjies
Aarbeikonfyt kan met appelkooskonfyt vervang word en die aarbeie met geroosterde perskes.
Drie dood in Ventersdorp-ongeluk
Drie mense, onder wie ʼn tienerseun, is Maandagoggend dood en twee beseer toe ʼn voertuig op die N14 naby Ventersdorp in Noordwes gerol het.
Hiëna-aanval: ‘Ek kon hom herken’
Erco Janse van Rensburg, die 15-jarige seun van Centurion wat Sondagoggend deur ’n hiëna in sy tent in die Krugerwildtuin aangeval is, sterk in die Milpark-hospitaal se hoësorgeenheid nadat hy gesigrekonstruksie ondergaan het.
SAUK-hoof bedank
Jimi Matthews, die SAUK se waarnemende uitvoerende hoof, het Maandagoggend skielik bedank.
Pa, dogter sterf saam
Die polisie is op ʼn toneel by ‘n huis in Boksburg aan die Oos-Rand waar ʼn pa, vermoedelik 60, en sy 30-jarige dogter doodgeskiet is.
ToekomsVenster: Beoefen die gawe van onderskeiding
Is die uitdaging nie vandag dat jy nie meer die wêreld sien as ’n duidelik gedefinieerde selfwerkende eenheid nie, maar dat jy die wêreld sien as ’n samevoeging van kultuurgroepe dwarsoor die wêreld.
Missouri rig sonpaneel-paaie op
Die departement van vervoer in die Amerikaanse deelstaat Missouri het Donderdag gesê hy het kragte saamgesnoer met Solar Roadways om ‘sonpaneel-paaie’ op te rig op dele van die historiese roete 66 as deel van sy ‘Road to tomorrow’-inisiatief.
Loopbaankeuse: Beplan reg en bou self jou toekoms
‘n Kind se besluit oor sy vakkeuses in Graad 9 kan ʼn baie groot invloed op die res van sy loopbaan hê. Dit is dus ʼn besluit wat moontlik groot belonings kan inhou, maar ook met groot risiko’s gepaardgaan, verduidelik Marthinus Visser.
Woord van die week: beskuit
Die Woord van die week is “beskuit”. Taaltoffie stel ondersoek in.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 27 Junie
Hier is Maroela Media se Top 20 vir die week.
POF-sindikaat oopgevlek; talle vas
Die Valke in die Oos-Kaap het tydens ʼn spesiale operasie ʼn sindikaat wat die Padongelukkefonds (POF) glo uit miljoene wou bedrieg, oopgevlek.
Nuuskommentaar: Gaan dice met Brexit Skotte lat hystoe kom?
Die Skotte se reaksie op die Brexit-stem dui aan hoe maklik die lot van selfs ’n selfregerende minderheid in ’n numeriese meerderheidskonteks ondergeploeg kan word. Is hieruit iets vir Suid-Afrikaanse minderhede te leer.
Luister: Gee jou emosies ‘n naam
Vandag word prakties gekyk na kern vaardighede wat elke persoon kan ontwikkel om beheer te vat oor hul eie emosionele ontwikkeling.
SA-atlete skitter op Afrika-kampioenskap
Die Afrika-kampioenskap wat Sondag op die Kingspark-baan in Durban ten einde geloop het, was ʼn triomf vir Suid-Afrika en sy atlete.
Baba kritiek ná fratsongeluk
ʼn 16 maande oue babaseuntjie is Sondag kritiek beseer nadat ʼn motor oor hom gery het by ʼn huis in Deneysville in die Vrystaat.
Drie ondervra oor lyk
Drie mense is vir ondervraging ingeneem nadat die liggaam van ʼn 21-jarige vrou in Philippi, Kaapstad, gevind is.
Annatjie Myburgh-saak: Albei verdagtes in hof
Die twee verdagtes wat aangekla word in verband met die verdwyning en dood van Annatjie Myburgh (58), sal Maandag saam in die Witrivier-landdroshof verskyn.