Die landbokolleges van Grootfontein en Potchefstroom het Maandag vir `n rillerstryd op die tweede dag van die kolleges se jaarlikse Pannarweek gesorg.
Lees meerAlles vir Dinsdag 28 Junie 2016
BBRU-liga: Polisie veg terug; Naka val én klim
Goeie nuus vir rugby in die algemeen is dat Pretoria Polisie, die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se verteenwoordiger in die internasionale reeks om die Goue Beker, aanduidings van `n sterk terugvegpoging toon.
Hiëna-aanval: ‘Erco sal self getuig van die Here se wonderwerke’
Erco, of Boela soos sy gesin liefdevol na hom verwys, het saam met sy ouers, Erno en Cashandra en sy twee sussies, Zilia en Kyla in die Krokodilbrugkamp in die Krugerwildtuin vakansie gehou toe hy Sondagoggend deur ʼn hiëna aangeval is in sy tent.
‘Bonnie en Clyde’ skuldig aan moord op 71-jarige
Craig Smeddle en sy vrou, Bridget, wat deur plaaslike media “Bonnie en Clyde” gedoop is, is Dinsdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof skuldig bevind aan die moord op die 71-jarige Robert Symons.
Oumanne hou rugbyfees by Harlequins
Pretoria Harlequin bied op 16 Julie `n Goue Oue-rugbyfees op sy terrein in Groenkloof aan.
AfriForum stel vullisterreinouditprojek bekend
Die oudit op die Hatherley-vullisterrein in Mamelodi, Pretoria, toon dat dié terrein aan slegs 36% van die minimum vereistes voldoen.
SAUK ontken interne krisis
Die SAUK het Dinsdag ontken dat daar enige interne krisis by die openbare uitsaaier is.
UP-taalbeleid: Finansies speel geen rol
Volgens AfriForum Jeug het ʼn verslag, wat deur ʼn onafhanklike transformasiepaneel saamgestel is, bevestig dat die Universiteit van Pretoria geen addisionele uitgawes hoef aan te gaan om Afrikaans as onderrigmedium te behou nie.
Man glo uit bewegende trein gegooi
ʼn 40-jarige man is ernstig beseer toe hy Dinsdagmiddag glo uit ʼn bewegende trein naby Brackenfell-treinstasie in Kaapstad gegooi is.
Dié 59 word vir OB se pos oorweeg
Die parlementêre ad hoc-komitee wat getaak is met die benoeming van ʼn kandidaat vir die pos van die nuwe openbare beskermer (OB), het Dinsdag die lys van 59 kandidate bekend gemaak wat vir die amp oorweeg sal word.
Geliefde akteur Bud Spencer oorlede
Die Italiaanse akteur Bud Spencer, wat in talle “Westerns” gespeel het, is Maandag in die ouderdom van 86 oorlede.
Juffrou geskors ná lyfstraf-video uitlek
ʼn Onderwyseres van ʼn skool in die noorde van KwaZulu-Natal is geskors ná ʼn video op sosiale media gedeel is waar sy na bewering minstens vyf meisies met ʼn stok op die rug slaan.
Kroegman en kelner in hof oor kredietkaartbedrog
Asanda Oxley Jadi (26) het in die Kaapstadse landdroshof verskyn nadat hy glo ʼn klant se kredietkaart by die Yacht Club in Kaapstad gekloon het.
Brics-lande moet ʼn Brexit-reaksie formuleer, sê Agri SA
Agri SA het Dinsdag gesê die Brics-lande, Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika, moet ʼn gesamentlike reaksie beplan ná Engeland se referendum bepaal het dat die land die Europese Unie moet verlaat.
Nel, Nene wys OB-benoemings van die hand
Staatsaanklaer Gerrie Nel, voormalige minister van finansies Nhlanhla Nene en oudpresident Nelson Mandela se vrou, Graça Machel, is van die hoëprofielpersone wat benoemings vir die pos van die openbare beskermer (OB) van die hand gewys het.
Bok en Laurika sing saam
Die sangers Laurika Rauch en Bok van Blerk het Dinsdag ʼn duet, “Ek het”, uitgereik.
Die wêreld in foto’s – 28 Junie 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Video: LUR besoek skool ná lyfstrafvideo uitlek
Die LUR vir onderwys in KwaZulu-Natal lê Dinsdag besoek af by ʼn hoërskool in die provinsie waar daar glo lyfstraf toegepas word.
SAUK stel nuwe waarnemende hoof aan
Die SAUK het sy finansiële hoof as nuwe waarnemende uitvoerende hoof aangestel nadat Jimi Matthews Maandag bedank het.
Gautengers meestal negatief oor SA
Volgens die Quality of Work Life (QoL)- peiling is die meeste van Gauteng se inwoners ongelukkig oor die rigting wat Suid-Afrika inslaan.