Die raadsvoorsitter en senior bestuur van Unisa word versoek om voor of op 6 Julie 2016 ʼn ondubbelsinnige onderneming aan die twee partye te gee dat die implementering van die nuwe taalbeleid voorlopig opgeskort word, hangende die finalisering van ʼn hersieningsaansoek om dit ter syde te stel.
Lees meerAlles vir Donderdag 30 Junie 2016
ANC-lid geskors wat glo N2-aksie begin
Die ANC in die Wes-Kaap het ʼn lid geskors wat glo ʼn “sleutel aanhitser” was in die geweld wat Woensdagaand op die N2-snelweg naby Kaapstad Internasionale Lughawe uitgebreek het.
Ma en seun sterf in Durbanville-ongeluk
ʼn Ma en haar 17-jarige seun is Donderdagmiddag oorlede tydens ʼn trompop ongeluk met ʼn vragmotor in Durbanville in Kaapstad.
[Video] ANC woedend oor plakkaatskending
Die ANC braak gal oor die skending van sekere van sy verkiesingsplakkate in die Moederstad.
‘Regeringspogings teen rassisme is eendimensioneel’
AfriForum het Donderdag in ’n formele skrywe aan die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling aangevoer die regering se voorgenome NAP-plan om rassisme te beveg, toon ernstige gebreke en sal nie tot ’n verbetering in rasseverhoudings lei nie.
Internasionale ruimtestasie met blote oog sigbaar
Suid-Afrikaners kan die internasionale ruimtestasie (IRS) tot 7 Julie aanvanklik vroegaand en later laatmiddag sien. Besoek die Nasa-webwerf om vas te stel wanneer jy die IRS waar kan sien.
SA laat Chinese vissersbote gaan ná boetes
Drie Chinese vissersbote waarvan die teenwoordigheid in Suid-Afrikaanse viswaters onder verdenking was, is vrygespreek op ʼn klag van stropery, maar is R2 miljoen beboet vir ander oortredings.
Julio Iglesias besoek SA in Oktober
Julio Iglesias, gewilde Spaanse minnesanger, besoek Suid-Afrika in Oktober as deel van sy wêreldtoer. Hy tree op in Kaapstad, Johannesburg en Pretoria.
SAUK-skorsings: Regsaksie dreig oor dissiplinêre verhore
“Die verhore is toevallig geskeduleer vir dieselfde tyd as wat plakkaatoptogte voor die SAUK se kantore in Johannesburg en Kaapstad gaan plaasvind.”
Taalgebruik: belangeloos, onbelangstellend
Gebruikers van Afrikaans struikel soms oor die betekenisverskil tussen “belangeloos” en “onbelangstellend”.
Baba verdwyn ná ouma hom in veld los
Die Oos-Kaapse polisie het die publiek versoek om ʼn baba te help opspoor wat verdwyn het nadat sy ouma hom glo alleen in ʼn veld gelos het.
Die wêreld in foto’s – 30 Junie 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
[Resep] Boereworskebabs
Benader tradisionele boerewors vanuit ‘n heel ander hoek met hierdie kebabs.
Luister: Ricus Nel is ʼn ‘Ouskool Boerseun’
Hy is maar ʼn ‘gewone outjie’, sê die sanger Ricus Nel en is nederig dankbaar vir elke toekenning of handeklap wat hy kry. Hy het onlangs sy jongste album, Ouskool Boerseun, vrygestel.
Drie staatsamptenare vas oor ‘bedrog met tolke’
Die Valke se teenkorrupsie-eenheid het Donderdagoggend twee staatsprokureurs en ʼn finansiële klerk, van die departement van justisie, in hegtenis geneem.
[Video] ‘Boewe’ sak toe op huis, laat spaander ná skote
ʼn Poging om by ʼn huis aan die KwaZulu-Natalse Suidkus in te breek is op kringtelevisiekameras vasgelê en wys hoe ses mans laat spaander as die huiseienaar vanuit die huis skote afvuur.
Rassie (weer) in die leeukuil
Rassie Erasmus se laaste dag by die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) het nog nie aangebreek nie en sy trek is dalk al op die skip op pad na Ierland waar daar baie hoë verwagtinge is oor hoe hy ( en Jacques Nienaber) by Munster sal vaar.
Nóg drie senior SAUK-joernaliste geskors
Die SAUK het nóg drie senior joernaliste geskors.
Twee kritiek na Centurion-kaping
Twee mans is Donderdagoggend kritiek beseer in ʼn kaping op die R55 in Sunderland, Centurion.
‘Kraakvars’ het iets vir almal se smaak
Dit lyk asof al hoe meer versamelalbums deesdae uitgereik word, en een van ons land se grootste platemaatskappye se jongste een, Kraakvars, het pas verskyn. Hierop verskyn die jongste Afrikaanse treffers deur dié platemaatskappy se kunstenaars, maar daar is ook ’n internasionaal bekende Christelike snit, asook ’n plaaslike kunstenaar se weergawe van ’n country-treffer ingesluit.