Marcus Malgas (24) het in Oktober verlede jaar vir Enslin Russel in ʼn straat in Helenvale trompop geloop en verskeie kere geskiet. Russel is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.
Alles vir die maand Junie 2016
Drie NW-skole deur betogers geteiken
Skade van honderde duisende rande is aangerig nadat betogende inwoners in Ledig naby Sun City verlede weke skole in die gebied aan die brand gesteek het, het die Noordwes departement van onderwys gesê.
Gedagte vir die dag: Jesus, die vervulling van die Wet
Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete ongeldig te maak nie. Ek het nie gekom om hulle ongeldig te maak nie, maar om hulle hulle volle betekenis te laat kry. (Matteus 5:17)
Regeringskantoordiefstal: Aanklagte teen twee teruggetrek
Die Pretoria-landdroshof het voorlopig die aanklagte teruggetrek teen twee van die drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle R17 miljoen se buitelandse geld uit die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) se hoofkantoor gesteel het in Desember verlede jaar.
Pa wat baba doodslaan was ‘liefdevol’ sê familie
ʼn Maatskaplike werker het in die Wes-Kaapse hooggeregshof aanbeveel ʼn pa wat sy baba doodgeslaan het, moet tot lang tronkstraf gevonnis word.
Meer munisipaliteite kry skoon oudits
Makwetu het onreëlmatige, ongemagtigde en verkwistende besteding van fondse as een van die grootste bekommernisse bestempel met onregmatige besteding wat altesaam op R14.75 miljard te staan gekom het.
Sportkwotas: ‘AfriForum, Solidariteit lewe in die verlede’
Fikile Mbalula, die minister van sport, het Woensdag teruggekap teen AfriForum en Solidariteit se planne om regstappe te doen teen Mbalula se transformasieplan vir Suid-Afrikaanse sport, deur die organisasies as “agterlike ekstremiste” te beskryf.
Kinders glo in hul beddens doodgesteek
ʼn Man, wat na bewering sy twee kinders in hul beddens met ʼn mes doodgesteek het, het Woensdag in die Ladysmith-landdroshof verskyn.
Die wêreld in foto’s – 1 Junie 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Seine van vermiste EgyptAir-vliegtuig dalk uit diepsee ontvang
Seine wat vermoedelik afkomstig is van die vlugopnemer van die vermiste EgyptAir-vliegtuig, wat op 19 Mei in die Middellandse See neergestort het, is vermoedelik deur ʼn Franse skip opgevang.
[Video] Slegs een stomp vir ʼn vuur? Geen probleem
Dié video wys jou hoe om op ʼn eenvoudige manier ʼn kampvuur met een stomp te bou wat ure lank kan brand.
Video: Langste treintonnel ter wêreld geopen
Die langste treintonnel ter wêreld is vandag in Switserland geopen.
Verbod op ou motors in Parys
Alle motors wat voor 1997 geregistreer is, sal vanaf 1 Julie 2016 in Parys, Frankryk, verbied word, onder ʼn nuwe wet wat poog om die stad se lugbesoedeling te verbeter.
Man se lyk op kleinhoewe gevind
ʼn Man se liggaam is Woensdagoggend in sy huis op ʼn kleinhoewe naby Cullinan gevind, nadat hy vermoedelik in die huis doodgeskiet is.
Inbrekers los boodskap op yskas
ʼn Inbreker het Dinsdagaand ʼn boodskap vir sy slagoffers op die yskas van ʼn plaasskool in Gauteng gelos.
Waarom is Munisipaliteit se naam op Kings-truie?
Nouja, dan is die nuwe groot borg van die Oostelike Provinsie Rugby-unie beslis nie die Mandelabaai Munisipaliteit nie. Miskien is hulle wel ʼn kleiner borg, maar dis nie die grote nie.
Skool gaan die speke laat sing vir boere
Die Hoërskool Outeniqua, in George in die Wes-Kaap, gaan van 25 tot 30 Junie ʼn fietstoer aanbied waarin 19 leerders van die skool meer as 500 km gaan aflê om geld vir boere in droogtegeteisterde gebiede in te samel.
Eiendomsagent vermoor: ‘Sy was so wonderlik’
“Ek het haar die Maandagmiddag so 16:00 gesien, toe sy my iPad by my kom haal het. Ek was besig om krieket af te rig en was besig met die kinders. Toe sy in haar kar klim, het ek vir haar gesê, ‘Ok meisie, mooi bly.’ En dit was die laaste keer wat ek haar gesien het.”
[Video] Groot skrik toe olifant Hollywood-ster in SA kom ‘groet’
Hy het selfs geskerts dis soos iets uit ʼn fliek. “Ek sou nie hierdie ontmoeting beter kon geskryf het as dit vir ’n fliek was nie.”
SAUK-selfsensuur: ‘ANC pluk die wrange vrugte van sy eie geskiedenis’
Die VF Plus het Woensdag gesê die SAUK se omstrede besluit, om nie meer beeldmateriaal van gewelddadige betogings te vertoon nie, dui daarop die ANC pluk die wrange vrugte van sy eie geskiedenis.