ʼn Hond het Vrydag met ʼn motor in ʼn Walmart vasgery in Wayne, Wes-Virginia in Amerika.
Lees meerAlles vir die maand Julie 2016
Malema waarsku oor voedselvergiftiging tydens verkiesing
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het die verkiesingsagente van sy party gewaarsku om versigtig te wees vir voedselvergiftiging by stempunte tydens Woensdag se munisipale verkiesing.
Geen ander party kan SA lei nie, sê Zuma
Geen ander party buiten die ANC, is in staat om Suid-Afrika te lei nie, het pres. Jacob Zuma Sondag aan duisende ondersteuners in Johannesburg gesê.
Polisiesuksesse tydens misdaadbekamping
Die polisie in Gauteng het beslag gelê op 17 onwettige vuurwapens, insluitend pistole en AK47-aanvalsgewere met meer as 100 patrone.
Pasgebore baba naby polisiestasie gevind
ʼn Pasgebore babadogtertjie is Sondagoggend verlate naby ʼn polisiestasie in Hillcrest, Durban gevind.
Nuwe politieke party in Zimbabwe
ʼn Nuwe opposisieparty onder leiding van ʼn onbekende landbou-ekonoom, is Vrydag in Harare bekend gestel met versoeke om die politieke kultuur te verander om die lyding van Zimbabwiërs te verlig.
Neem self verkiesingsproses waar met dié app
AfriForum gaan Maandag, 1 Augustus 2016 ʼn app bekend stel wat kiesers kan gebruik om die stemproses waar te neem en te evalueer. Met dié app wil die burgerregte-organisasie verseker dat die stemproses vry, veilig en deursigtig geskied.
Vakbond bepleit dat Spoorwegpolisie heringestel word
As die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) die drastiese toename in geweldsmisdade by treinstasies met erns wil hokslaan, sal die Spoorwegpolisie heringestel moet word, meen die vakbond Untu.
Warmlugballon het dalk kragdrade getref
ʼn Warmlugballon wat Saterdagoggend in Texas, Amerika, neergestort het waartydens 16 persone oorlede is, het waarskynlik kragdrade getref.
Video: 25 000 voet sonder ʼn valskerm
Die valskermspringer, Luke Aikins, het Saterdag veilig in ʼn net in Simi Valley, Kalifornië geland nadat hy op ʼn hoogte van 25 000 voet uit ʼn vliegtuig gespring het sonder ʼn valskerm.
399 babakrokodille in China gered
Altesaam 399 baba Siamese krokodille, ʼn beskermde spesie in China, is deur die grenspolisie in Guangxi Zhuang gered.
Ondersoek ná voedselvergiftiging by skool
Die departement van gesondheid stel ondersoek in nadat 82 kinders Vrydag by ʼn skool in Ekurhuleni in Gauteng vermoedelik voedselvergiftiging opgedoen het.
OVK-stembokse in Soweto gesteel
Stembokse van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) vir komende Woensdag se munisipale verkiesing is uit ʼn afleweringsvoertuig in Diepkloof, Soweto gesteel.
EFF en Malema hits geweld aan, sê Sanco
Die burgerlike organisasie Sanco meen die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het die morele toets gedruip toe hulle versuim het om ʼn raadslidskandidaat te skors oor sy rassistiese aanmerkings.
19-jarige beseer ná brand in sy kamer
ʼn 19-jarige is Saterdag beseer toe ʼn brand in sy kamer in Ladysmith, KwaZulu-Natal uitgebreek het.
Skoolhoof in hof oor tiener se verkragting
ʼn 51-jarige skoolhoof het in ʼn hof in die Oos-Kaap verskyn op aanklag van die verkragting van ʼn 13-jarige meisie.
Groen lig vir bevorderings in die SAPD
Meer as 3 000 lede in die SAPD word direk deur dié geskiedkundige skikking beïnvloed.
Centurion ná 17 jaar weer in Carlton-eindstryd
Centurion is ná `n afwesigheid van 17 jaar weer in die eindstryd van die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Carltonliga A.
Gedagte vir die dag: Op soek na God
In daardie tyd het die mense begin om die Naam van die Here aan te roep. (Genesis 4:26)
KZN: kampioen kry slae; Vryheid skud Newcastle
Verlede jaar se Murraybeker-kampioen (en vanjaar die wenner van die Premierliga) is Saterdag in die kwarteindronde van die KwaZulu-Natalse Rugbyunie (KZNRU) se uitklopreeks uitgeskakel.