Met sy derde probeerslag kan die Naka Bulle nou ook sy naam op die Enristabeker aanbring.
Lees meerAlles vir Vrydag 1 Julie 2016
Ussa-week: kampioen pak Ikeys in eerste ronde
Universiteitsport Suid-Afrika (Ussa) se rugbykampioen, die Universiteit van Johannesburg (UJ), pak Maandag die Universiteit van Kaapstad in die eerste ronde van vanjaar se toernooi in Oos-Londen.
KZN-liga: Collegians toon indrukwekkende diepte
Die KwaZulu-Natalse Premierliga-kampioen en Goue Bekerspan, Durban Collegians, toon indrukwekkende diepte in die bond se ligas.
BBRU-liga: Naka voor in twee afdelings
Ná 12 weke van intense mededinging in die Blou Bulle-rugbyunie se Calrtonliga A, en met enkele wedstryde uitstaande, is die Naka Bulle die enigste klub wat in twee afdelings voorloop.
Nando’s ‘sensor’ sy eie advertensie
Die kitskosrestaurantgroep Nando’s het in sy eiesoortige styl met sy jongste advertensie die draak gesteek met die SAUK se jongste beleid om nie gewelddadige betogings uit te saai nie.
Beitbrug-grenspos stil ná betoging
Die Beitbrug-grenspos was Vrydagmiddag stil ná die gemeenskap in Messina en ʼn paar plaaslike winkeleienaars teen nuwe maatreëls deur die Zimbabwiese regering betoog het.
Kaapstad gryp in met vullisverwydering
Die Stad Kaapstad het bevestig hy sal van Vrydag tydelik vullisverwydering doen in dele waar nuwe vullisverwyderingkontrakte nog nie in plek is nie.
Dié partye en kandidate neem deel aan die munisipale verkiesing
Die jongste kandidaat wat homself verkiesbaar gestel het, is 18 jaar oud en die oudste kandidaat is 90 jaar oud.
AfriForum Jeug kry hofbevel teen UP, UP-direkteur en EFF
Dié hofbevel is ʼn klinkklare bewys dat dit nie vrugte afwerp wanneer die UP swig onder die druk van die EFF nie, meen AfriForum Jeug.
Duurder petrol in Julie
Die Automobiel-Assosiasie (AA) het gewaarsku petrolpryse gaan na verwagting in Julie verhoog.
[Video] Wimbledon-skeidsregter loop deur onder woedende speler
Die Serwiese tennisspeler Viktor Troicki het ʼn herrie ontketen toe hy uitgevaar het teen ʼn skeidsregter wie se omstrede besluit hom in die tweede ronde van die Wimbledon-toernooi uitgeskakel het.
[Video] Wimbledon: Die tegnologie agter die skerms
In ʼn video wat vervaardig is oor Wimbledon, die wêreld se oudste tennistoernooi wat jaarliks in Londen gespeel word, word meer vertel oor tegnologie wat verseker dat wedstryde in dié toernooi deur verskeie televisiestasies na miljoene kykers gebeeldsend kan word.
[Foto’s] SAUK: Honderde in protes; tugverhore uitgestel
Honderde mense het Vrydag by die SAUK se kantore in Johannesburg en Kaapstad byeengekom om mediavryheid te eis terwyl ses van die openbare uitsaaier se werknemers voor tugverhore verskyn het.
Woord: karnaval
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord “karnaval”
China gee groot ruimtetreë
China het pas sy kragtigste vuurpyl nóg gelanseer en die land se planne is goed op dreef om teen die einde van die volgende dekade op Mars te land
Ondersoek na M1-brugineenstorting gou hervat
Die departement van arbeid het Vrydagoggend gesê die ondersoek na die M1-brugineenstorting sal binnekort hervat word.
Krugersdorp-moorde: Drie vra borgtog
Drie van die vier verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met die sogenaamde Krugersdorp-afspraakmoorde aan die Wesrand, het Donderdag om borgtog aansoek gedoen.
Diamant van Cullinan-myn vir miljoene verkoop
ʼn Diamant van 121,26 karaat, wat verlede maand by die Petra-mynmaatskappy se Cullinan-diamantmyn naby Pretoria gevind is, is vir meer as $6 miljoen verkoop.
Jaguar F-Pace kom tuis
Jaguar is al ʼn geruime tyd hard aan die werk om hulle handelsmerk te verfris en opknap. Die F-Type tokkel my hartsnare iets verskrikliks – dan kom die XE, XF, XJ en dan nou die nuwe F-Pace. Al wat Jaguar in Suid-Afrika belemmer is die afgryslike wisselkoers wat die rand tans so arm laat.
Dié alligator klouter sommer oor die heining
ʼn Video van ʼn alligator in Fort Myers, in die Amerikaanse deelstaat Florida, wat ʼn draadheining met lemmetjiesdraad bo-op uitklim, het wyd reaksie op sosiale media uitgelok.