AfriForum en Treasure the Karoo Action Group (TKAG), gesamentlik bekend as die Alliansie, is van mening dat die toekenning van eksplorasiepermitte deur die regering ondeurdag en onverantwoordelik is.
Lees meerAlles vir Sondag 3 Julie 2016
Só lyk petrolpryse vir Julie
Die departement van energie het Sondag bevestig die prys van petrol en diesel sal Woensdag verhoog.
Nóg ʼn ANC-wykskandidaat in KZN vermoor
Nóg ʼn wykskandidaat vir die ANC is voor haar man en kinders Saterdagaand in KwaZulu-Natal doodgeskiet.
Sanco prys Hettema vir optrede ná haar pa se dood
Die burgerorganisasie Sanco het Saterdag Helena Hettema geloof vir haar dapperheid voor haar aandkonsert as ʼn huldeblyk aan haar pa wat die afgelope week op sy kleinhoewe vermoor is.
Só gaan Akademia Afrikaanse universiteitswese verseker
Akademia het Sondag vyf wyses bekend gemaak waarop hy die voortsetting van die Afrikaanse universiteitswese wil verseker.
83 sterf in bomontploffings in Bagdad
Minstens 83 persone is Sondagoggend dood en 176 beseer in twee verskillende bomaanvalle in Bagdad, Irak.
NFP ontken leiers het bedank
Die National Freedom Party het gerugte ontken dat twee van die party se topdrie leiers bedank het.
Boek: Charlie en die groot glashyser
In hierdie storie bevind Mnr Wonka, Charlie en die hele Bucket-gesin hulself in die buitenste ruim!
500 000 liter water aan Kroonstad verskaf
AfriForum en ander organisasies het Saterdag 500 000 liter water in Kroonstad afgelaai – en nóg water is op pad.
Hier is jou kans om ʼn sepiester te word
Het jy nog altyd daarvan gedroom om ʼn sepiester te word? Hier is jou kans!
EFF bekoor ‘agtergeblewe’ wit gemeenskap
“Ek weet nou ons hoop lê by die EFF. Hulle sal ons help,” het een van die inwoners gesê.
Vier sterf in Lephalale-ongeluk
Vier persone, waaronder ʼn polisiesersant, is Saterdagmiddag dood in ʼn ongeluk buite Lephalale (Ellisras) in Limpopo.
[Foto’s] Minstens vier dood in Pta-Oos-brand
Minstens vier persone is dood toe honderde plakkershutte Saterdagaand omstreeks middernag in Plastic View naby die Woodlands Mall in Pretoria-Oos afgebrand het.
Lily-myn: AfroCan toe nie ridder op ʼn wit perd
Volgens Du Plessis het die nagenoeg 900 werknemers van Lily-myn sedert die einde van Maart 2016 steeds geen betaling ontvang nie en vandeesweek se verwagte oorbetaling vanaf AfroCan sou onder meer vir die betaling van April-salarisse aangewend word.
Video: Gesels saam oor Afrikaans
Die beste manier om Afrikaans te versterk, sal wees as álle sprekers sáámgesels – sonder skroom en in hulle verskillende dialekte.
Rassisme moet deur almal veroordeel word, sê VF Plus
Rassistiese uitsprake van individue soos Andre Slade, gastehuiseienaar van Sodwana, speel in die hande van mense wat Suid-Afrika rassisties wil polariseer en dit moet ten sterkste veroordeel word, Pieter Mulder, leier van die VF Plus, gesê.
Gedagte vir die dag: Doen dit vir die Here
Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, omdat julle weet dat julle van die Here as beloning sal kry wat Hy belowe het. Christus is die Here in wie se diens julle staan. ( Kolossense 3:23–24)