Meer as 250 motoriste is die naweek in Johannesburg in hegtenis geneem op aanklag van bestuur onder die invloed van alkohol.
Alles vir Maandag 4 Julie 2016
Aarde het tweede ‘maan’
Nasa-wetenskaplikes het onlangs vasgestel dat die aarde, naas die maan, oor ’n tweede natuurlike satelliet beskik.
Calvinia hou 26ste Hantam Vleisfees
Die 26ste jaarlikse Hantam Vleisfees in Calvinia in die Noord-Kaap word vanjaar op 26 en 27 Augustus aangebied.
Saskok ontken atlete moet self opdok
Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) het gerugte ontken dat atlete vir hul eie vlugte na die Olimpiese Spele wat volgende maand in Rio…
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 4 Julie
Hier is Maroela Media se Top 20 vir die week.
Boek: Die GSR
Stel jou voor dat jy binnekort vir ontbyt geëet kan word, soos ’n reep spek in ’n vuurwarm braaipan met sissende vet gegooi kan word. Dit is presies wat Sophie vrees toe sy in die middel van die nag uit haar bed gegryp en weggedra word deur ’n reus met tennisbaan-treë en enorme groot ore.
ToekomsVenster: Skop jou skoene uit by God
Ons leef dikwels met onbewuste spanning. Deur diep asemhaling stel ons negatiewe emosies vry en ontspan ons sodat ons kan fokus. Plaas jouself doelbewus in die teenwoordigheid van God. Raak bewus van God se liefde vir jou en plaas jou in die middelpunt daarvan.
Klag teen Lesufi oor kleuterskoolbesoek
Die manier hoe Panyaza Lesufi, Gautengse LUR van onderwys, die onlangse situasie by ʼn Centurion-kleuterskool wat van rassisme beskuldig is, hanteer het, kan hom moontlik in die moeilikheid laat beland.
Red Afrikaans: Wolraad Woltemade se les
Dit het in 2016 uiteindelik begin deurdring dat die nuwe Suid-Afrika se regering die staat se skole, universiteite en al die staatseiendom besit en daarmee maak wat hy wil; en vir Afrikaans en die kwessie dat Suid-Afrika sy hedendaagse bestaan grotendeels in Afrikaans verkry het, geen respek het nie.
Bloedige naweek op paaie
Minstens 26 mense is die naweek op die land se paaie dood.
Afrikaans buig dalk die knie, maar val beslis nie
Ek neem kennis van debatte op sosiale media – aan die een kant groepe wat dit handhaaf dat Afrikaanse studente self kies om in Engels te studeer en aan die ander kant groepe wat daarteen argumenteer. Ek moet bieg dat verskeie van my kollegas by openbare universiteite dit bevestig het dat die getal studente in die Afrikaanse klasse die afgelope drie jaar afgeneem het en die getal studente in die Engelse klasse weer toegeneem het.
Nuuskommentaar: Kan SA nog ’n vry en regverdige verkiesing hê?
Gaan Jimi Matthews se erkenning dat die SAUK nuus ten gunste van die ANC gemanipuleer het, nou daartoe lei dat die OVK skerper gaan kyk of die openbare uitsaaier dalk ’n struikelblok geword het om te verseker dat die komende verkiesing vry en regverdig verloop het?
Drie vas oor 18 skaapkarkasse
Twee verdagtes wat agter op die bakkie gesit het, het in die ry van die bakkie afgespring en in ʼn veld verdwyn.
Luister: Ontwikkel jou Bybelse emosionele intelligensie
Ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare gesels in hierdie uitsending weer met die Kliniese Sielkundige Erich Schoeman oor Bybelse emosionele intelligensie. Vandag word verder gekyk na die 5 kern vaardighede wat jou gaan leer om jou Bybelse Emosionele Intelligensie te ontwikkel.
Vyf sterf in gru-ongeluk
Vyf mense is dood in ʼn gru-ongeluk op die R573 buite Marble Hall in Limpopo.
OB gevra om ‘onregmatige betalings’ te ondersoek
Die openbare beskermer (OB) is versoek om ondersoek in te stel na bewerings dat Danny Jordaan, burgemeester van Nelson Mandelabaai, opdrag gegee het vir onwettige betalings aan voormalige stadsraadslede.
Twee sterf in skietery by Mall of Africa
Twee mense is dood in ʼn skietery buite Mall of Africa in Midrand, Gauteng.
Gedagte vir die dag: Binne God se wil
Is twee mossies nie vir ’n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie. Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel. Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies. (Matteus 10:29–30)