Die rugbyhistorikus en -versamelaar Gideon Nieman soek hulp met die uitken van vier rugbyklubs se sakwapens.
Alles vir Donderdag 7 Julie 2016
Die Boer-teater: Leon en Rocco … en ander instrumente
Daar’s ʼn Leon, ʼn Rocco, ʼn tikmasjien, ʼn klavier … en ander instrumente.
Pasgetroude glanspaartjie kondig swangerskap aan
ʼn Glanspaartjie, wat onlangs die knoop deurgehak het op die Eureka-wynlandgoed net buite Durbanville, het Donderdag aangekondig hulle verwag hul eersteling.
[Video] Woede oor skopvoorval in wildtuin
In die agtergrond kan jy ʼn vrou hoor skree “nee, nee, nee” voor die man sê: “Moenie jou bekommer nie, dit sal nie doodgaan nie.”
Luister: Nedine maak wiskunde maklik
Die Sama-bekroonde sangeres Nedine Blom het pas haar jongste CD, Wiskunde is Supercool, vrygestel, en vertel dié CD gaan kinders help om moeilike wiskunde-konsepte beter te verstaan.
Entrepreneurskap: Ontmoet die man agter die Mall of Africa
Louis van der Watt van die Atterbury Group los jou huurprobleme en inkopiekopseer op. Hy verduidelik hoe hy te werk gegaan het met die bou van die Mall of Africa, die grootste winkelsentrum in die suidelike halfrond wat in ʼn enkelfase ontwikkel is.
Baksteen tref vrou in motor
Coleen Johnson, ʼn paramedikus en ma van ʼn sesjarige dogter, moes bebloed na veiligheid ry nadat ʼn man ʼn baksteen deur haar motorruit op ʼn Kaapstadse snelweg geslinger het.
Oom Herrie se kerrie: Die Engelse hekkie
As iemand Engels is, respekteer oom Herrie dit. Maar as iemand nie Engels is nie en hy maak asof hy Engels is, dan is dit vir oom Herrie kômmin. Soos miesies Wên der Baail wat oor die onderdeur vir die kinders in die agterplaas skree: “Tsjildrin, kam out of de afterjaart. Joe wil têmp ien de houndestrount.”
Verdagte vas vir moord op Grootbrakrivier-egpaar
ʼn Verdagte is in hegtenis geneem in verband met die gru-moord op Tewie en Eurika Human in Grootbrakrivier verlede maand.
ToekomsVenster: Maak oop jou deur
Om jou deur oop te maak dat iemand kan inkom, is vir sommige baie moeilik, moeiliker as om by die deur uit te gaan. As iemand inkom beteken dit dat jy toelaat dat iemand jou gebrokenheid en stukkendheid kan sien. Dit kan ook beteken dat jy iemand anders toestemming gee om met jou oor hartsake te kan praat, jou dalk tereg te kan wys en dit kan seer en ongemaklik wees.
Drie ‘kapers’ op N14 geskiet
Drie mans is beseer, onder wie twee kritiek, nadat hulle geskiet is naby die Petroport op die N14-hoofweg tussen Pretoria en Krugersdorp.
Help om renosters tydens volmaan op te pas
Die volmaantydperke word in renosterkringe selfs die stropersmaan of bloedmaan genoem weens die groot verlies van renosters.
Superrugby so te sê mondig
6 Julie 1996: Dit het byna ongemerk verby gegaan, Sondag se 20ste herdenking van die eerste rugbytoets in die Drienasies-reeks tussen Nieu-Seeland en Australië.
Ongeluk in Oos-Rand eis drie
Drie mense is Donderdag in die vroeë oggendure in ʼn ongeluk in Germiston aan die Oos-Rand dood en een mens is kritiek beseer.
Nuuskommentaar: As veldtog téén rassisme self rassisties word
Die blatante onewehandigheid waarmee gereeld teen wit en swart opgetree word wanneer iemand hom of haar aan rassistiese optrede skuldig maak, word al meer deel van die probleem eerder as die oplossing. Pas het die VF Plus juis hieroor antwoorde by die Menseregtekommissie gesoek – die een instelling wat nie kan bekostig om onewehandig op te tree nie.
Inwoners, joernaliste in hegtenis geneem tydens Zim-betogings
Groot dele van Zimbabwe het Woensdag soos ʼn oorlogsone gelyk toe betogings teen die regering tot gewelddadige optrede tussen die polisie en inwoners gelei het.
EFF is hier om SA te red, sê Malema
Julius Malema het Woensdag gesê sy party, die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), is hier om Suid-Afrika te red.
O’Sullivan se borgtogvoorwaardes verslap
Die borgtogvoorwaardes vir die privaat speurder Paul O’Sullivan, wat tereg staan op aanklag dat hy die Wet op Suid-Afrikaanse Burgerskap oortree het, is Woensdag in die Kempton Parkse landdroshof verslap.
Gedagte vir die dag: Vir altyd
As God eenmaal aan mense sy genadegawes geskenk het en hulle geroep het, trek Hy dit nooit weer terug nie. (Romeine 11:29)