ʼn Video van ʼn luislang wat sukkel om op ʼn kombers seil, is binne twee weke byna 2,4 miljoen keer op YouTube gekyk.
Lees meerAlles vir Vrydag 8 Julie 2016
Cosby-saak gaan voort
Die saak van klagtes oor seksuele aanranding teen Bill Cosby gaan voort, het ʼn regter Donderdag gelas.
R3 miljard om Poskantoor te red
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor het R3,7 miljard van finansiële instansies ingesamel om dié onderneming te red.
Die wêreld in foto’s – 8 Julie 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Vrystaters oor diefstalle en rooftogte gewaarsku
Die polisie in die Vrystaat het inwoners gewaarsku oor diefstalle en rooftogte ná ʼn paar vroue se handsakke gesteel en mense van groot bedrae kontant beroof is.
28-jarige vas oor ontvoering
ʼn 28-jarige vrou is Vrydag in die vroeë oggendure in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem in verband met die ontvoering van ʼn ses weke oue baba.
Brand by McDonalds in Durban
ʼn Brand het Vrydagoggend omstreeks 07:30 by ʼn McDonalds-kitskosrestaurant in Durban se middestad uitgebreek.
[Resep] Tobie Cronjé se glutenvrye koek
“Hierdie resep is vir my ʼn wenner omdat ek nie gewoonlik koek kan eet nie. Ek is allergies vir gluten en suiwel. Ek kan my sonder enige reperkussies aan hierdie koek vergryp.” – Tobie Cronjé
Bedford Crusaders soek spanne vir prystoernooi
Goeie geldpryse is op die spel wanneer Bedford Crusaders op 30 Julie `n rugbydag op die dorpsveld aanbied.
Valkeliga: Meyerton trek grootwild plat
Die voorloper in die Valke se Kestrelliga het Saterdag sy posisie verstewig deur die Buffels op sy tuisveld op Balfour plat te trek.
Dallas: ‘Skiet van beamptes ergste ná 9/11’
Pres. Barack Obama het hom Vrydag uitgespreek teen die skietdood van vyf polisiebeamptes in Dallas, Texas. Ses ander, onder wie ʼn lid van die publiek, is beseer.
Zim maak toegewings oor invoerverbod
Die nuwe maatreël, waarvolgens dit ʼn oortreding is om stapelvoedsel- en ander alledaagse produkte in te voer, is slegs op handelsinvoerders gemik. Dit geld dus nie vir enkel-invoerders nie.
‘Betaalstrokie’ wys werkers is met bier betaal
ʼn Eeueoue “betaalstrokie” is nou in besit van die Britse museum in Londen en wys dat werkers van Mesopotamië glo met bier betaal i
Tronkstraf vir twee wat Durban-pa vermoor
Simphiwe Sosibo (37) en Mvuseni Mchunu (47) is Vrydag in die Durban-hooggeregshof gevonnis nadat hulle skuldig bevind is aan die moord op Jacques Oosthuizen (35).
SWD-liga: Groot-Brak se beurt vir verrassing
Dit was Saterdag Groot-Brakrivier se beurt om in die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Premierliga te verras.
Besoekers beseer in ontploffing by Pta-steengroef
Altesaam 17 mense, waaronder skoolkinders, is Donderdag beseer toe ʼn beheerde ontploffing by ʼn oop steengroef in Pretoria skeefgeloop het.
Vrou met messe gesteek; vir dood agtergelaat
ʼn 28-jarige vrou van Orkney in Noordwes is met 12 meswonde agtergelaat nadat ʼn groep mans haar oorval het. Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê…
Corli se troukoek span die kroon
Die spanning is eindelik verby! Die kranige entrepreneurbakker Corli Botha, vrou van die oud-rugbyspeler Gary Botha, is Donderdagaand op kykNET se werklikheidsreeks Koekedoor as die tweede wenner van dié gewilde reeks aangewys.
Bolandliga: swak lakwerk laat Saldanha ver wen
Swak lakwerk aan die kant van die tuisspan was grotendeels daarvoor verantwoordelik dat Saldanha Saterdag `n wegholoorwinning van 36-13 op Moorreesburg behaal het.
[Foto’s] Uitgeteerde leeus op Limpopo-plaas gevind
Diereliefhebbers en die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het ingegryp om tot die redding te kom van talle uitgeteerde leeus wat op ʼn Limpopo-leeuteelplaas aangetref is.