Kinders tussen nege en 13 met ʼn slag vir bak en brou het nou die geleentheid om in te skryf vir kykNET se jongste werklikheidsreeks, Kokkedoortjie.
Alles vir Vrydag 8 Julie 2016
Aanlyn-vlerksleep: Slenter kos vroue baie
Die verdagtes het na bewering vals profiele op aanlynverksleep-webwerwe geskep om vroue te lok.
Nuuskommentaar: As die ras-ding lelik word
Die ras-ding slaan nou oral uit en plaas druk op die Suid-Afrikaanse samelewing en gebeure soos die komende verkiesing. Herman Toerien kyk na aanleiding van die jongste bloedvergieting in die VSA waarby die polisie betrokke was, en die SAUK-omstredenheid alhier hoe die polisie en die media kan bydra tot oplossings of verergering van polarisasie.
Boek: Asterix by die Olimpiese Spele
Die atlete van die antieke wêreld kom in Athene bymekaar vir die Olimpiese Spele. Asterix en Obelix en die ander Galliërs skryf ook in, maar hulle beleef ’n terugslag.
ToekomsVenster: Drink saam ’n koppie koffie
Wanneer ek saam met iemand koffie drink, gebeur daar twee goed. Ons sit teenoor mekaar en kyk mekaar in die oë en terselfdertyd gesels ons. Só leer ons mekaar beter ken en begin vriendskapsbande bou.
Woord: kanselleer
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord “kanselleer” en wat dit met ‘n posseël te make het.
Dallas: Vyf polisiebeamptes doodgeskiet
Vyf polisiebeamptes is in Dallas, Texas, deur skerpskutters doodgeskiet tydens protesaksies oor die skietdood van twee swart mans.
Redakteursbrief: Hier’s die Maroela-app waarvoor jy gewag het (en dis gratis)
Toe ons jongste, amper 7, anderdag ʼn gewone lessenaarrekenaar sien, sê hy: “Mamma, is dit ʼn outydse rekenaar?” As mens ʼn digitale mediahuis is in die tyd waarin ons lewe, is dit nogal ʼn uitdaging om nie “outyds” te word nie.
Les vir Suid-Afrikaanse rugby te leer
Daar trek `n vars briesie deur Ierse rugby wat die span op die lange duur baie in die sak kan bring.
10 kg vlieë aan Tshwane-metro oorhandig
“Die probleem het intussen baie vererger en benodig dringende ingryping.”
Maroela Media se app trek ʼn splinternuwe baadjie aan
Maroela Media se gratis nuus-app het in Junie 2016 sy tweede verjaarsdag gevier en ʼn splinternuwe baadjie aangetrek.
Veldgids geskors ná wildtuin-voorval
Sosialemedia-gebruikers het woedend op die video gereageer en geëis dat die veldgids afgedank word.
OB kry geld om ‘staatskaping’ te bekyk
Die Nasionale Tesourie het onderneem om bykomende geld aan die openbare beskermer (OB), Thuli Madonsela, te verskaf vir haar ondersoek na beweerde “staatskaping”.
Donkies buite Bloemfontein van kant gemaak
70 donkies wat glo gebruik is om ‘n ‘seksdoepa’ te vervaardig, is van kant gemaak.
Gedagte vir die dag: My naam is in sy boek
Daar is ’n gedenkboek voor Hom geskryf met die name van dié wat eerbied vir die Here het en waarde heg aan sy Naam. Hulle sal vir my ’n kosbare besitting wees diedag as Ek ingryp, sê die Here die Almagtige. ( Maleagi 3:16–17)